Elzabé Zietsman's "Vier Panado's en 'n Chardonnay"
Thu Mar 13, 19:00 - Thu Mar 13, 20:30
La Casa Blanca
ABOUT
MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel
TEKS EN REGIE Johann Slabbert
MUSIEKREGIE Tony Bentel
VERVAARDIGER Drama Drama
In hierdie kabaret, ook bekend as "Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** ", vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Vier Panado’s en ‘n Chardonnay het ‘n Kanna toekenning by die onlangse KKNK ontvang vir Beste aanbieding: Musiek.
"In net meer as 'n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier 'n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met 'n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert werk en verken 'n groot emosionele terrein in Vier Panado's en 'n Chardonnay - hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend." - Laetitia Pople, Netwerk24
GUESTS ARE WELCOME TO BRING THEIR OWN BOTTLE OF CHARDONNAY - OR DRINK OF CHOICE.