Komati Kuierfees 2025
Sat Jun 21, 16:00 - Sat Jun 21, 23:00
Komatipoort Akademie
ABOUT
Komati Kuierfees 2025 – ‘n Fees Vol Musiek, Kuier en Lekker Atmosfeer!
"Die perfekte manier om die winterkoue te verjaag!"
Wat kan jy verwag?
‘n Fantastiese gesin vriendelike musiekaand saam met Juan Boucher en Wynand & Cheree Strydom – talentvolle kunstenaars wat jou sal laat sing, dans en saam kuier tot laat in die aand!
Groot verskeidenheid van heerlike kosstalletjies en prettige vermaak vir die kinders groot en klein.
Hekke open: 16:00
Parkering: Gratis en gerieflik
Kinders onder 3 jaar: Gratis toegang!
Maak seker jy kry jou kaartjies vandag nog op Quicket! Moenie uitmis op hierdie lekker kuieraand nie!
Sien julle daar!
Deur 'n toegangskaartjie te koop stem ek hiermee in om die Komati Kuierfees en Komatipoort Akademie Skool, hul beamptes, direkteure, werknemers, agente en affiliasies te vrywaar en skadeloos te hou van enige en alle eise, aanspreeklikhede, skadevergoeding, uitgawes en verliese, insluitend redelike prokureursfooie, voortspruitend uit of voortspruitend uit enige voorvalle, ongelukke, beserings, of skade wat mag voorkom tydens my bywoning en/of deelname aan die Komati Kuierfees 2025 op 21 Junie 2025 by Komatipoort Akademie Sportgronde, Komatipoort.