Family friendly

Tydloos Sonja Herholdt

Sat Mar 1, 19:00 - Sat Mar 1, 21:00

Honeyrock Cottages

ABOUT

Die ikoniese Sonja Herholdt bring haar betowerende solovertoning, TYDLOOS, na ‘n baie spesiale geleentheid – die amptelike bekendstelling van bekroonde filmvervaardiger en entrepreneur Cobus van den Berg se vintage karstoor op 1 Maart in Heuningklip, Kleinmond.


TYDLOOS neem die gehoor terug na die era van Springbokradio, met ‘n versameling van Sonja se bekendste en immergroen liedjies. Hierdie unieke produksie word verder verryk met akoestiese klavierbegeleiding, staaltjies en hoorbeelde, wat ‘n warm en nostalgiese atmosfeer skep.


Met haar Kaap Toer wat nou ‘n Kleinmond twist kry, is dit ‘n voorreg vir Sonja om deel te wees van hierdie uitsonderlike aand waar musiek en vintage motors mekaar ontmoet – oftewel “Peugeots en Poësie”, soos Cobus dit noem.


Kom beleef iets besonders – ‘n kombinasie van klassieke motors en tydlose musiek, in ‘n omgewing waar nostalgie en passie hande vat.

DIRECTIONS

Tydloos Sonja Herholdt
Honeyrock Cottages
Get Directions