Frieda van den Heever
Wed Feb 26, 18:00 - Wed Feb 26, 20:30
Heuer Pianos
ABOUT
Dis die maand van liefde, maar hopelik hou dit die hele jaar en sommer ‘n leeftyd lank! Frieda van den Heever, Wo. 26 Februarie by Heuer kom sing oor liefde, want kom ons wees eerlik : waaroor anders? Liefde, in al sy vorme - nie net die Valentynsvariant nie – die ekstase en seerkry, die val en opstaan, die hunkering en die huis, die vlieg en kruip. Die lewe het Frieda kom leer, “The only remedy for love is more love” (Thoreau) en sy gaan van haar gunsteling songs oor die liefde en ook van haar eiesongs sing. Sy verweef dit, ouder gewoonte, met stories en gedigte en ons nooi jou om te kom deel daarin. Want wat is liefde as mens dit nie kan deel nie?
Frieda Van den Heever skryf met al haar sintuie. Sy is een van die min mense wat aan skynbaar gewone woorde geestelike waarde kan gee. Of vir mense wat nie so diep wil delf nie, net die plesier verskaf om na lewenswyshede te luister. Sy vang gevoelens vas wat jy graag self sou wou verwoord, maar nie kan nie en daarom leen jy by wat sy sê.
Haar nuwe album, Spoorsny, is ‘n bron van ervarings van iemand wat weet wat dit is om te leef – liedjies met eerlikheid oor verlange, liefde, verlies, die lewe en die dood, en veral hoop.