Teater by die see - Jak de Priester met Hartkamer

Sun Mar 23, 17:00 - Sun Mar 23, 18:30

NG KERK KOMPLEKS JEFFREYSBAAI

ABOUT



Jeffreysbaai Toerisme en Teater by die see bied aan Jak de Priester met Hartkamer.

In 2025 vier ons Afrikaans se 100ste bestaansjaar as amptelike taal! In sy 23 jaar as sanger het Jak de Priester al vele ikoniese liedjies geskryf – stories van ekstase, verlange en romanse, soms humoristies, soms diep roerend.


Onder sy woonhuis in Somerset-Wes het hy sy studio omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laatnag-gigs vir ’n gehoor van 20 mense aanbied.

Vandaar die titel: Hartkamer. Jak neem die nuwe vertoning in 2025 na verskeie teaters en feeste en stel sy nuwe liedjies bekend, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing Much to Lose” “Bobbejaan langs die baan” en vele meer.


Kunsuitstalling oop voor vertoning

Teetuin oop voor vertoning


GEEN BESPREEKTE SITPLEKKE - GEEN SITPLEKKE SAL GEHOU WORD NIE - KOM VROEG EN NEEM JOU PLEK IN



DIRECTIONS

Teater by die see - Jak de Priester met Hartkamer
NG KERK KOMPLEKS JEFFREYSBAAI
1 Olienhout St, Wavecrest, Jeffreys Bay, 6330
Get Directions