Mel die Storieverteller | HARTIES | Internet Sensasie (Geen O/16)
Sat Jul 26, 18:00 - Sat Jul 26, 19:20
Skemerberg Venue
ABOUT
Internet Sensasie - Aand vertoning
Vol betaalde kaartjie sluit in:
- Vertoning
- 1 x R100.00 Refinement Clinic Rustenburg afslag geskenkbewys, wat u op die dag van die vertoning ontvang
- 1 x Acrobranch 20% afslag geskenkbewys by enige van hulle parke landwyd, wat u op die dag van die vertoning ontvang.
In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie, Mel die Storieverteller in lewende lywe op ‘n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese een-vrou vertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel nou kan sing ook.
Mel deel uit eerstehandse ervaring stories vanuit die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oom Riekert se groot fout, ‘n beplande vuisgeveg in ‘n taai plek met die naam KuduKraal, hoe ‘Mel die Storieverteller’ ontstaan het en die siekte op haar voorkop.
Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ‘n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!
Die vertoning is nie gepas vir kinders onder die ouderdom van 16 nie. Daar is gehoorinteraksie, net die 'braaf' sit in die voorste twee rye.
Ons sien uit om saam julle uit die maag te LAG.
Addisionele inligting:
- Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s
- Deure open: 17h00
- Vertoning begin: 18h00
- Vertoning duur: 80 minute (Geen pouse)
- Styl: Komiese Storievertelstyl
- Geen eie drank, koeldrank, water, kos, enige vorm van soet en sout, troeteldiere of onwettige middels word toegelaat nie
- Deure vir die saal open 1 uur voor die vertoning
- Geen verversings sal tydens vertoning verkoop word nie, maar wel voor en na die vertoning. Kom vroegtydig om verversings te koop
- Venue is rolstoel vriendelik.
Die kunstenaar, agent, organiseerders of venue sal nie verantwoordelik gehou kan word vir enige skade, diefstal, besering, afterwe ensovoorts tydens die geleentheid of vervoer daarheen en terug nie. Die gronde word op eie risiko betree.