Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2025– Reitz

Tue Mar 4, 10:00 - Wed Mar 5, 15:00

Reitz-skouterrein

ABOUT

VOLHOUBAAR | VEERKRAGTIG | VIR DIE TOEKOMS


Onvoorspelbare weerpatrone, stygende insetkoste, watertekorte en die agteruitgang van grondvrugbaarheid is van die uitdagings wat boere in die gesig staar. Landbouweekblad en die Riemland-studiegroep wil by sy konferensies oor herlewingslandbou vir boere wys hoe om in harmonie met die natuur te boer.


Kom ontdek hoe elke deel van die ekologiese legkaart perfek inmekaar steek om jou boerdery winsgewend en veerkragtig te maak. Sluit by ons aan vir ’n groter kans op sukses en volbaarheid.


Landbouweekblad se konferensie oor volhoubare landbou op 4 & 5 Maart op die Reitz-skouterrein is ’n moet vir enige boer wat wat goedkoper, winsgewender en meer volhoubaar wil boer.


Waarom durf jy dit nie misloop nie:

  1. Steek kers op by boere en kundiges wat omgewingsvriendelike praktyke toepas.
  2. Leer hoe om koste te verminder terwyl jy jou natuurlike hulpbronne versterk.
  3. Kom kyk prakties hoekom herlewingslandbou werk met ’n plaasbesoek en proewe.
  4. Skuur skouers met ander boere wat dieselfde volhoubare boerderydoelwitte nastreef.


Vir ’n voorlopige program klik HIER.


ASPIREER | MOTIVEER | INSPIREER


Wil jy ’n inspirerende leier wees? Of selfs net ’n verskil maak? Corné Krige, oud-Springbokrugbykaptein, kom deel sy geheime van 12 jaar se bloed, sweet en trane in die kleedkamer.


’n Kaartjie kos R1 950. Bespreek voor 17 Februarie 2024 en betaal net R1 700. Jy kry ook 12 maande se toegang tot Landbou.com ter waarde van R1 800 GRATIS wanneer jy ’n kaartjie koop.


Rig navrae aan [email protected].


Met trots geborg deur VKB (hoofborg) en Case IH en Standard Bank.

DIRECTIONS

Landbouweekblad se Herlewingslandboukonferensie 2025– Reitz
Reitz-skouterrein
Sarel Cilliers St, Reitz, 9810, South Africa
Get Directions