DOEP IS NIE DOOD NIE

Mon Dec 16, 18:30 - Mon Dec 16, 21:00

Gereformeerde Kerk - Hermanus

ABOUT

DOEP IS NIE DOOD NIE

Jannie du Toit

Susan Mouton – tjello

Chanie Jonker – klavier en akkordeon


“As dit gedaan is en verby

die aarde weer sy erfdeel kry

sal hierdie kluisenaar in my

nog iewers in ’n boekrak bly”


Koos du Plessis (10 Mei 1945 – 15 Januarie 1984)

 

Hierdie program, saamgestel uit Koos du Plessis se onsterflike liedjies asook van sy gedigte en tekste, is ’n herwaardering van sy werk en stel ook van sy minder bekende materiaal bekend. Veertig jaar na sy afsterwe (in 2024) word dit duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns. Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied.


Gereformeerde Kerk Hermanus

Maandag 16 Desember 18h30 vir 19h00

DIRECTIONS

DOEP IS NIE DOOD NIE
Gereformeerde Kerk - Hermanus
Get Directions