Wonderliggiefees 2017

Fri Aug 25, 17:00 - Sun Sep 3, 10:00

NG Kerk Wonderpark

ABOUT

Wonderliggiefees is Noord van die Berg se hoogtepunt op 2017 se kalender…..

Eendag lank gelede was daar ‘n koop en kuierfees aan die Noorde kant van die berg wat almal van heinde en verre laat kom het…….
Hierdie jaar gaan duisende liggies weer op die terrein van NG Wonderpark skitter wanneer die jaarlikse Wonderliggiefees plaasvind van 25 Augustus tot 3 September.
Die sprokie-tema, wat jaarliks baie opwinding wek by die besoekers, gaan weer weerspieël word vanaf die ingang tot sprokiesterrein tot by die balsaal van die kasteel. In die groot swierige balsaal word besoekers elke aand vermaak met optredes van ‘n verskeidenheid kunstenaars. Die gesellige kuier om die braaivleis-vure is baie gewild by besoekers.
Die fees beloof baie pret vir oud en jonk en het hope aktiwiteite deur die week om almal se belangstelling te prikkel.
Die eksklusiewe kunsmark in die kasteel se plein is ‘n ware koop en kuierfees met ongeveer 150 uitstallers wat van Deli produkte, kaas en wynproe tot ‘n buitelewe afdeling vir die mans insluit.

Die fees skop af op Vrydag 25 Augustus om 17:00 met lewendige musiek en hope wegneemetes. Dit is ook die amptelike opening van die kunsmark.

Saterdagaand kom tree Theuns Jordaan op in die kasteel. Die mark is gesluit op Sondae maar die publiek is welkom om Sondae die buitelug kerkdienste wat bemoediging bied vir reisigers wat weer die sprokiesterrein moet verlaat, by te woon.

Die fees probeer ook die gemeenskap dien en wil sodoende graag belangrike rolspelers in die gemeenskap bedank vir wat hulle in ons samelewing beteken.

Saterdagaand  2 September, om 19h00, kom vermaak Heuwels Fantasties die besoekers.

Die feesterrein is daagliks oop vanaf 11:00 tot 21:00 en het hope veilige parkering, kindervermaak, ATM, kaartfasiliteite en wegneemetes te kies en te keur om elke wens te vervul. Toegang is R5 per persoon en kaartjiepryse van onderskeie kunstenaars kan op ons webwerf (http://yorqie.wix.com/wonderliggiefees) of Facebook blad gevind word.