Kunskoors - Kunskronkel- 2 May 2025
Fri May 2, 09:00 - Fri May 2, 13:00
Tampa Bay Spur Steak Ranch
ABOUT
Kunskronkel
Ry saam en leer skeppende kunstenaars in Jeffreysbaai ken waar hulle in hul studios werk. Dis n kans om die prosesse agter n kunswerk te begryp. Ervaar n genotvolle oggend in n kunskoets bussie met n gids. Ontvang n glas vir die wyn en klein versnappering by elke studio waar jy die kunstenaar leer ken
Kunstenaars word onteenseglik deur hulle omgewing beïnvloed. Jeffreysbaai se natuurskoon en die bewaring daarvan is hier van belang.
Sir David Attenborough het nie bekendstelling nodig nie. Die filmmaker, bioloog, natuurkundige , uitsaaier en ontvanger van veelvuldige toekennings dien as bron en inspirasie vir Kunskronkel 2026.
“It seems to me that the natural world is the greatest source of excitement; the greatest source of visual beauty; the greatest source of intellectual interest. It is the greatest source of so much in life that makes life worth living.”
"Every breath of air we take, every mouthful of food that we take, comes from the natural world. And if we damage the natural world, we damage ourselves "
Al sewe kunstenaars het met die tema omgegaan en 'n eie interpretasie daaraan verleen. Geniet elkeen se unieke uitkyk soos dit in hulle werkruimtes vertoon word.
Zuanda Badenhorst
Sameroeper en Organiseerder.
. Daar is 8 stoppe by die volgende kunstenaars:
CryseldaVenter: Cat's Kunsateljee waar skilderye, drukkuns, silwersmee juwele en tekeninge in groot verskeidenheid te sien is.
Zuanda Badenhorst. 'n Koloris wat die liriese en grafiese kwaliteite van lyn benut om ons oererfenis te verbeeld. Skilderye in akriel op doek, waterverf en gemengde media op papier .
Liezel de Lange: Natuurgeïnspireerde werke en botaniese landskappe te sien by die kurator van Palette Kuns Studio . Werke in verskeie media.
Lumin Steyn : Pottebakkerstudio. Klei is die voorkeur medium maar Lumin gebruik ook herwinde glas en dryfhout in funksionele en dekoratiewe werk.
Elaine Roos: Abstrakte, ekspressiewe skilderye in olieverf waar daar ge-eksperimenteer word met ruimte, lig, kleur vorm en energie.
Mart Leeuwner: Organiese, kleurvolle ekspressiewe skilderye. Sy deel haar liefde vir die kreatiewe proses in verkeie media soos drukwerk asook akriel op doek.
Berna Biggs: Werke in gemengde media en akriel op doek waar elke kwashaal die kunstenaar se storie van haar aardse reis vertel.
Wees bereid om by sommige ateljees trappe te klim.
__
Join us and get to know the visual artists in Jeffreys Bay where they create in their studios.
This is a chance to understand the process behind artworks. Experience an enjoyable morning in the art bus with a guide. Receive a glass for wine with a bite to eat at each studio. Here you will get to know the artist.
There are 8 stops at the following artists:
Maryna Joubert:
An artist with respect for nature and ecological sensitivity. Works in various mediums, which sometimes take shape in digital form can be seen.
Cryselda Venter:
Cat's Art Studio where paintings, print work, handmade silver jewelry with precious stones in big variety can be seen.
Zuanda Badenhorst
A colourist who uses the lirical and graphic quality of line to represent our primeval heritage, mostly in landscapes. Paintings in acrylic on canvas, watercolour and mixed media on paper.
Liezel de Lange:
Nature inspired works and botanical landscapes to be seen by the curator of Palette Art Studio. Artwork in various media.
Lumin Steyn:
Pottery Studio. Clay is her preferred medium, but Lumin also uses recycled glass and driftwood in functional and decorative work.
Elaine Roos:
Abstract and expressive paintings in oil where Elaine experiments with light, colour, form, space and energy.
Mart Leeuwner
Organic, colourful and expressive paintings. This artist shares her love of the creative process in various media like printing and acrylic paint.
Berna Biggs:
A Dreamer in the realm of mixed media and acrylic paint where each brushstroke reveals a part of her earthly journey.