Taboek Toer @ River Kaya - Bacchus Nel, Riku & Jackie Latti, Abel Kraamsaal, Wynand Davel, BRG, Vanja Oosthuizen
Sun Nov 10, 11:00 - Sun Nov 10, 17:00
River Kaya
ABOUT
Hierdie is 'n eens-in-'n-leeftyd ervaring!
Kom hang bietjie saam aan die Wasgoedlyn. Die Wasgoedlyn is 'n welbekende musiek beweging van Riku Lätti met die konsep van verkskillende musikante wat die verhoog deel en vrolik saam musiek maak en stories deel.
Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel 'n paar konstantes: Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet.
Bacchus Nel is een van ons land se voorste liedjieskrywers. Sy kwaliteit staan uit. Hy sing nie net sommer ‘n liedjie nie… hy vertel kleurryke stories met meelewing, deernis, diepte en ‘n fyn humor en fantastiese musiek.
Riku Lätti is 'n pianis, kitaarspeler, liedjieskrywer, vervaardiger en sanger. Hy is geen onbekende as dit by, kuns en kultuur, skryfkuns, musiek maak en kuiers kom nie. Taboek deur Riku Lätti het so pas verskyn en reeds is die woord uit dat dit “monumentale werk” is. Dit is Riku se lewensfilosofie in digvorm uiteengesit as gesprekke tussen innerlike stemme.
Jackie Lätti is kleurvol en geheimsinng. 'n Sanger, skrywer en stemkunstenaar. Jackie Lätti se boek, die Afrikaanse vertaling van Anne van Green Gables, het 5 ster resensies ontvang.
Abel Kraamsaal is 'n Afrikaanse sanger wat hoofsaaklik rock-musiek sing.
Black River Gypsy - lead guitar speler met n blues/rock gevoel.
Wynand Davel is 'n vryskut violis wat spesialiseer in rock, country, jazz, folk & komtempore style.
Vanja Oosthuizen skryf alreeds van kleintyd af haar eie liedjies.
Elkeen 'n ster; elkeen 'n medepligtige om die ander te laat skyn. Die Wasgoedlyn bring immers talent na 'n omgewing met die doel om die talent in die omgewing ook aan die lyn te hang. Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.
Sowaar, dit is nie al nie. Belinda Van Zwijndrecht bring bietjie kuns na die Wasgoedlyn @ River Kaya.
'n Heerlike eg River Kaya noenmaal is ingesluit by die kaartjie prys.
Bring jou eie koelboks.
Kontak Lindy 084 515 2865