Taboek Toer @ Kaalvoet Kafee - Bacchus Nel, Stefaans Coetzee, Jackie & Riku Lätti
Sun Nov 3, 13:30 - Sun Nov 3, 17:00
Kaalvoet Kafee
ABOUT
Laat asseblief weet of jy kos ook wil hê (R100 vir 'n kosopsie)
kontakpersone:
René vd Westhuizen 083 408 0272
Amanda Niemand 081 876 6333
Is dit ‘n boekprogram met twee skrywers wat boeke bekendstel? Is dit ‘n Afrikaanse Musiekprogram ikoon van Afrikaanse musiek Bacchus Nel en die stigters van Die Wasgoedlyn (Saterdae Aande 7uur op E-TV extra) Riku & Jackie Lätti?
Dis definitief albei mooi inmekaargevlegde woorde en musiek met drie van ons land se top Afrikaanse kunstenaars!
Met twee skrywers Jackie Lätti wat gaan lees uit en gesels oor haar Afrikaanse vertaling van Anne van Green Gables (https://naledi.co.za/product/anne-van-green-gables/) wat onlangs op RSG uitgesaai is. Riku Lätti gaan lees uit en gesels oor sy opspraakwekkende bundel Taboek, wat onlangs deur Naledi uitgegee is: https://naledi.co.za/product/taboek
Jackie Lätti se boek, die Afrikaanse vertaling van Anne van Green Gables, het 5 ster resensies ontvang. Anne word tans op RSG elke weeksoggend voorgelees om 10H45. Die vertaling is kleurryk en vol vars beeldspraak wat die boek vir ‘n Afrikaanse gehoor eien.
Koos Kombuis noem dit “een van die beste vertalings wat ek nog ooit gelees het”. Luister gerus wat hy alles verder daaroor te sê het: Boeke wat vir Koos Kombuis lekker is
Luister ook solank na ‘n stukkie soos net Jackie dit kan voorlees.Anne van Green Gables - gelees deur Jackie Lätti
Taboek deur Riku Lätti het so pas verskyn en reeds is die woord uit dat dit “monumentale werk” is. Dit is Riku se lewensfilosofie in digvorm uiteengesit as gesprekke tussen innerlike stemme. Dana Snyman sê daaroor: “aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.”
https://klyntji.com/joernaal/2024/8/11/resensies-kuborg-verveertaal-sandskrif-taboek skryf oor Taboek:
“Riku Lätti se Taboek (2024, Naledi) is iets wat ek nog nie raakgelees het in Afrikaans nie, en daarvoor verdien die skrywer ’n pluimpie. Hierdie debuut oorskry verskeie grense en is tekenend van Lätti as musiekkunstenaar se eklektiese styl. Daarmee saam verdien Gideon Breytenbach se ontwerp vir die omslag ’n prys op sigself.”
So kom kyk hoe word hierdie woorde lewendig en deel saam met ons in die genot van ‘n lewende letterkunde met Riku, Jackie en Bacchus in lewende lywe.
Die dubbelboekbekendstelling beloof om ‘n baie interaktiewe affêre te wees. Enige iemand wat enige vrae het vir die skrywers sal welkom wees om die vrae te stel, of die publiek is ook welkom om enige versoeke te openbaar as daar iemand is wat graag ‘n sekere vers of stukkie prosa wil hoor is welkom om dit aan te vra. Soveel as wat die tyd ons toelaat, want musiek sal verseker die laaste sê hê.
Ruk en Rol op die Wasgoedlyn
met Bacchus Nel, Jackie & Riku Lätti
Afrikaanse musiek oorspronklik en onopgesmuk op sy heel beste. Magtige woorde met magiese melodië wat na ons wêreld loer met nuwe oë. Staan Nader, Op die maan, Smoorverlief en Hoofstroom en nog vele lekker liedere wat die hart voed en behoed.
Geen twee Wasgoedlynkonserte is dieselfde nie. Daar is wel 'n paar konstantes: Geen opgesmuktheid, net rou, ongerepte musiek, gespeel deur die skeppers self met die hart op die mou, en voila, 'n towerwêreld van oorspronklike klank en liriek is telkemale gebore uit die niet. Bacchus Nel (Musikant, Sanger, Liedjieskrywer, Kunsfotograaf), Riku Lätti (Pianis, Kitaarspeler, liedjieskrywer, vervaardiger en sanger), Jackie Lätti (Sanger/Skrywer/Stemkunstenaar) Elkeen 'n ster; elkeen 'n medepligtige om die ander te laat skyn. Die Wasgoedlyn bring immers talent na 'n omgewing met die doel om die talent in die omgewing ook aan die lyn te hang. Samewerking en verspreiding en viering van die skeppende kunste is 'n groot deel van doelwitte van die Wasgoedlyn.
Biografie - Bacchus Nel
“Eks ‘n donker man, onder die middernagmaan” uit die Bacchus Nel liedjie, Waar die dice val, is verseker ‘n raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer. Bacchus was nog altyd ‘n rebel… op skool, toe hy teen sy ouers se wense met die “verkeerde” maats uitgehang het… toe hy begin nadink en ongemaklike vrae begin vra het oor hoekom die wêreld draai soos hy draai. Toe hy begin besef het dat hy nie deur die lens van die mense om hom sien nie, en dat sy idees nie strook met die Calvinisties/Nationale indoktrinasie van die tyd nie. Daarom dat hy gesien was as ‘n rebel en ‘n droogmaker. Vandag is Bacchus Nel een van ons land se voorste liedjieskrywers. Sy kwaliteit staan uit. Hy sing nie net sommer ‘n liedjie nie…hy vertel kleurryke stories met meelewing, deernis, diepte en ‘n fyn humor en fantastiese musiek.
Bacchus het al heelwat albums vrygestel en sy musiek is al wyd versprei, sy treffer “Op die plaas” is al miljoene kere geluister. Sy album Twee Ster Hotel is ‘n juweel. Sy nuwe werk slaan die hart van mense binne met volle vaart. Jy kan nie na Bacchus luister sonder om weggevoer te word na wonderlike plekke nie.
Bacchus het al heelwat spesiale konserte gehou onder andere met die befaamde Jannie Hanepoot van Tonder van die Gereformeerde Blues Band en Jackie en Riku Lätti van Die Wasgoedlyn. Kom luister na ongerepte ware wêreldklas talente almal saam in een konsert in een van Suid-Afrika se mooiste dorpe.
Daar Gaan My Hart - Bacchus Nel & Georgetown
Riku Lätti is bekend vir sy musiek in films soos Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom
Ware Rykdom - Riku Lätti (feature film: Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom)
Riku Latti & Piet Botha - Heilig (Live onder Hangklip)
Riku Lätti - Lewende Sonskyn (Live)
Die Kaappunters - Rietkooinooi(nuwe werk wat ons doen)
Jackie Lätti: I Want You Dead (Riku & Jackie Lätti saam die MarkTunes Band)
Smoorverlief - Riku en Jackie Lätti en die MarkTunes Band (Live in Yzerfontein)