SA Jagters 75-jaar Gedenkgeweer Kompetisie: .275 (7 x 57) Rigby
Thu Oct 3, 12:00 - Thu Oct 31, 23:45
Event is online
ABOUT
Slegs SA Jagters lede kan deelneem
Daar is min dinge wat jagters en skuts se harte vinniger laat klop as 'n mooi geweer. Om SA Jagters se 75ste bestaansjaar te vier, laat die Vereniging twee gewere vervaardig in die klassieke Rigby-styl in kalibers .275 en .416 met kolwe van Turkse okkerneuthout
Twee lede staan 'n kans om hierdie gewere in 'n gelukkige trekking te wen. Gooi jou kaartjie in die hoed vir slegs R50 'n kaartjie.
Die gewere word gebou in die klassieke Rigby-styl en kalibers – ’n .275 Rigby (7X57) met 'n minimum waarde van sowat R80 000, en 'n .416 Rigby wat minimum sowat R180 000 werd is.
Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Datums
- Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
- Trekkingdatum: 2 November 2024
Die .275 Rigby
Die .275 Rigby word gebou op 'n oorspronklike Oberndorff Mauser M 98 standaardaksie met ’n 26 duim loop met 'n Rigby/Mauser A-profiel. 'n Timney-sneller word gebruik en om die klassieke element te behou sal die aksie nie geboor en getap word vir 'n teleskoopmontering nie. Die oorspronklike Mauser-veiligheidsknip word behou en ’n oorspronklike Rigby-gaatjievisier word op die aksie gemonteer.
'n Korrel in die Rigby-styl en 'n klappiesvisier word op die loop aangebring. Die loop kry ook ’n bandgreep in die klassieke Rigby-styl. Turkse okkerneuthout is gekies vir die kolf in die Rigby-styl en profiel met 'n “Pommel” handgreep en 'n rooi skopkussing.
SA Jagters se 75-jaar embleem sal in goud op die magasynplaat gegraveer word.
Terme en voorwaardes is op SA Jagters se webwerf (www.sahunters.co.za) beskikbaar.