Sterrekykpieknieks | Stargazing picnics
Sat Nov 2, 17:00 - Sat Mar 29, 22:00
Afrikaanse Taalmonument
ABOUT
Met die somer wat einde se kant toe staan, kan Kapenaars en besoekers die skitterende sterrehemel – spesifiek Crux (Suiderkruis) se juwele – verken tydens die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se laaste sterrekykpiekniek op Paarlberg op SATERDAG, 29 MAART 2025. Dit beloof om ’n feestelike aand in die beeldskone omgewing te wees; boonop is ’n pragtige sonsondergang en gratis besoek aan die ikoniese beeldhouwerk ingesluit, én is die aand ten bate van ’n goeie saak.
Gaste sal die heelal verken met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope gratis deel. Die fokus is op die Suiderkruis, die kleinste sterrebeeld in die lugruim wat egter een van die beroemdstes is danksy sy duidelike sigbaarheid en simboliese krag as kenmerk van die suidelike naglug. ’n Aantal lande van die Suidelike Halfrond soos Australië, Brasilië, Papoea-Nieu-Guinee, Samoa en Nieu-Seeland beeld die vier/vyf helderste sterre van die Suiderkruis op hul vlae uit.
Hekke open om 18:00 waarna besoekers van 20:00 tot 22:00 deur die teleskope na die hemelruim kan tuur.
Die toegangsprys is slegs R55 per volwassene en R15 vir onder-18’s/pensioenarisse.
Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer nie saamspeel nie – skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae op die dag self. Voorafgekoopte kaartjies kan oorgedra of vergoed word. Meer oor OOG by facebook.com/OrionObservasieGroep.
As the summer draws to a close, Capetonians and visitors can explore the dazzling night sky – specifically Crux’s (Southern Cross’) jewels – during the Afrikaans Language Museum and Monument’s (ATM’s) last stargazing picnic on Paarl Mountain on SATURDAY, 29 MARCH 2025. It promises to once again be a festive evening in the beautiful setting; in addition, a spectacular sunset and visit to the iconic sculpture is included, and the event is in aid of a good cause.
Visitors will explore the galaxy with the help of the Orion Observation Group (OOG) whose friendly members enjoy sharing their knowledge and telescopes for free. The focus is on the Southern Cross, the smallest constellation in the sky but one of the most famous due to its clear visibility and symbolic power as a feature of the southern night sky. A number of countries in the Southern Hemisphere such as Australia, Brazil, Papua New Guinea, Samoa and New Zealand depict the four/five brightest stars of the Southern Cross on their flags.
Gates open at 18:00 whereafter visitors can gaze into the skies from 20:00 to 22:00.
The entrance fee is only R55 per adult and R15 for under-18s/pensioners.
Unfortunately, stargazing picnics will be cancelled if the weather doesn’t play along – call 073 853 3100 or 083 544 6510 for weather inquiries on the day itself. Pre-bought tickets can be transferred or reimbursed. More on OOG at facebook.com/OrionObservasieGroep.