Ek het gaan oplees oor jou
Tue Sep 17, 20:30 - Wed Sep 18, 19:00
The Adam Small Theatre Complex
ABOUT
Mallory bevind haarself in ‘n onderhoud met ‘n sangeres, Genevere. Sy moet oor twintig minute haar gehoor seën met haar stem, maar na ‘n gesmeek gun sy vir Mallory vyf minute van haar tyd.
Mallory begin meer en meer persoonlike vrae vra en Genevere beantwoord versigtig met stories oor haar swaar verlede en moeilike lewe.
Maar Mallory sê haar volle naam hardop en al Genevere se spinneweb van stories begin uitmekaar uitval.
En al herken Genevere nie vir Mallory nie, die producer, Nichla, doen.
Agter die toe deure van ‘n aantrekkamer verken en verwyt hulle mekaar; Hulle spoeg en plak herhinneringe teen mekaar se geheue; Hulle sluk hul woorde.
Want wat gebeur wanneer iemand vir jou hul naam los en loop?
En wat gebeur wanneer jy begin sing oor jou dooie dogter.