Netwerk24: Wat's nuus met Mia Spies - Bloemfontein

Fri Sep 13, 08:00 - Fri Sep 13, 11:30

Warm Karoo

ABOUT

Netwerk24 rits deur die land vir ‘n paar lesersontbyte en jy is uitgenooi!


Kom luister en kuier saam met Netwerk24 by 'n lekker ontbytgesprek in Bloemfontein op 13 September:


Suid-Afrika se Ongekende Pad: Beweeg ons in die regte rigting?

Dit is ‘n opwindende nuusjaar in Suid-Afrika. Ná die Mei-verkiesing het die land in 'n heel nuwe rigting beweeg, maar die rigting is ongekarteer, wat beteken dat groot besluite en onderhandelinge aan die orde van die dag is.


Is Suid-Afrika op koers na 'n beter bestemming vorentoe, of is die ongekende terrein onheilspellend? Mia Spies gesels met Charles Smith, nuushoof van Netwerk24 in die sentrale streek, Gert Coetzee, Volksblad-oudredakteur en 'n Netwerk24-rubriekskrywer, en Hussein Solomon, politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, om sin te maak van die situasie en al jou kopkrapvrae te beantwoord.

 

Gesprek met 'n bekende Vrystater:

Daarmee saam gesels Charles ook later die oggend met ds. Charles James, van die NG kerk Pellissier in Bloemfontein, oor hul projek om Suid-Afrikaners te oortuig om in die land te bly.


Wat moet jy weet?

Die ontbytgesprek begin om 08:00 vir 08:30.

Kaartjies kos R200 per persoon en sluit 'n ontbyt, koffie en tee in.


Jou kontak: Stuur e-pos na [email protected] vir meer inligting.

DIRECTIONS

Netwerk24: Wat's nuus met Mia Spies - Bloemfontein
Warm Karoo
16 Du Preez St, Spitskop Small Holdings, Bloemfontein, 9301
Get Directions