No under 13s

TV & STROMER | TV & STREAMER: Brasse Vannie Kaap

Fri Aug 30, 17:00 - Fri Aug 30, 19:15

Theatre on The Bay

ABOUT

Showmax-dokumentêr | Showmax documentary

 

Die kykNET Silwerskermfees is sinoniem met blinknuwe films en die ontwikkeling van die plaaslike rolprentbedryf, maar vanjaar skyn die kollig vir die tweede opeenvolgende jaar ook op televisievermaak.

Loodsepisodes van vier puik nuwe TV-reekse wat kykNET- en Showmax-kykers binnekort in vervoering gaan hê, word by die fees vertoon.


The kykNET Silwerskerm Festival is synonymous with brand-new movies and the development of the local film industry, but in 2024, for the second consecutive year, the spotlight will also shine on television entertainment.

Pilot episodes of four excellent new TV series that will soon have kykNET and Showmax viewers captivated, will be screened at the festival.


LET OP | PLEASE NOTE


Deur 'n bespreking vir hierdie dokumentêr te maak, stem jy in om geen inhoud wat tydens die geleentheid gesien word, te openbaar, deel of te bespreek nie. Jou bywoning en bevestiging van jou sitplek/kaartjie beteken jy aanvaar hierdie nie-openbaarmakingsooreenkoms.


By booking for the screening of this documentary, you agree not to disclose, share, or discuss any content viewed during the event. Your participation in the screening constitutes acceptance of this non-disclosure agreement.


Brasse Vannie Kaap: Die onvertelde storie


REGISSEUR | DIRECTOR: Lauren Scholtz

VERVAARDIGER | PRODUCER: Lauren Scholtz

REDIGEERDER | EDITOR: Zelmari Degenaar

PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Dala Films

OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 13 L

BINNEKORT BESKIKBAAR OP SHOWMAX | AVAILABLE TO STREAM VIA SHOWMAX SOON


Brasse Vannie Kaap is ’n boeiende en emosioneel meesleurende dokumentêre rolprent oor die ikoniese Suid-Afrikaanse hip-hop-groep Brasse Vannie Kaap (BVK), wat tydens die deurslaggewende vroeë jare van die nuwe Suid-Afrika op die musiektoneel ontplof het. Verskeie groeplede en ’n magdom plaaslike bekendes (Early B, Jack Parow en ander), besin diep oor BVK se merkwaardige loopbaan en hul onmiskenbare impak op die plaaslike musiekbedryf. Die film loer ook agter die skerms na Grandmaster Ready D en DJ Azuhl se beplanning van ’n intieme huldeblykvertoning ter ere van BVK se oorlede leier, Mr Fat aka Ashley Titus. Hierdie nostalgiese reis kulmineer in dié spesiale reünie-optrede wat die Brasse se besonderse nalatenskap vier en terugkyk op ’n unieke era in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.

 

Brasse Vannie Kaap is a captivating and moving documentary film about the iconic South African hip-hop group Brasse Vannie Kaap (BVK) who exploded onto the music scene during the pivotal early years of the new South Africa. Various group members and a host of local celebrities (Early B, Jack Parow and others), reflect deeply on BVK’s remarkable journey and their undeniable impact. The film also takes a behind-the-scenes peek at how Grandmaster Ready D and DJ Azuhl plan an intimate tribute show in honour of BVK’s late frontman, Mr Fat aka Ashley Titus. It culminates in a nostalgic reunion performance that evokes the memory of a unique and special era in South African history and celebrates the legacy of this influential group.



VOLG ONS OP | FOLLOW US ON:

Instagram

Facebook

Bly op hoogte van alle nuus en spesiale aankondigings deur in te teken op ons nuusbrief. | Stay up to date with all festival news and special announcements by signing up to our newsletter.

DIRECTIONS

TV & STROMER | TV & STREAMER: Brasse Vannie Kaap
Theatre on The Bay
Link Street, Camps Bay, Cape Town, 8005
Get Directions