Family friendly

Philip Moolman: Onthou jy nog?

Fri Aug 23, 20:30 - Fri Aug 23, 21:30

M'lana venue and events

ABOUT

Akteur, sanger en liedjie skrywer Philip Moolman het in die 90's bekend geword vir sy romantiese hoofrolle in EGOLI, Die Prins Van Pretoria en Sonkring. Hy is ook mede-stigter van die gewilde Blou Hond teater-restaurant in Gauteng waar top plaaslike kunstenaars vir die afgelope 22 jaar weekliks optree.


Hy beskryf die vertoning as volg: "Heerlike, vrolike, grappige, en inspirerende liedjies, stories en staaltjies uit die goeie ou dae, voor T.V en selfone.


Volgens Moolman is dit maklik om te bepaal of jy die vertoning moet bywoon, of nie. Vra net vir jouself die volgende vrae: Het jy al ooit n "Bollie" gelees? Weet jy wie is Fanie en Melanie? Ken jy kollekteer-oproepe, fotoverhaal-boekies, langspeelplate en melkkoepons?


Moenie hierdie misloop! Bespreek nou

DIRECTIONS

Philip Moolman: Onthou jy nog?
M'lana venue and events
R44 &, Muldersvlei Rd, Stellenbosch, Cape Town, 7600
Get Directions