Netwerk24 Bruid van die Jaar

Wed Oct 23, 08:00 - Mon Mar 31, 08:00

Event is online

ABOUT

Inskrywings vir Netwerk24 se Bruid van die Jaar nou oop!


Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie, in samewerking met World Leisure Holidays, trek vanjaar ’n nuwe baadjie aan – in digitale formaat – as Netwerk24 se Bruid van die Jaar-kompetisie.


Hierdie nuwe formaat maak dit geriefliker vir bruide landwyd om met hul troudag te spog. Ook die inskryf- en stemproses sal aanlyn geskied.

Die kompetisie begin amptelik Woensdag 23 Oktober, en inskrywings vir bruide wat in Januarie en Februarie 2024 getrou het, word nou ingewag. Bruide het tot 12:00 op Woensdag 30 Oktober om in te skryf. K


Kompetisie-formaat

Elke maand word drie voorlopers deur middel van ’n stemproses gekies wat deurdring na die eindronde op ’n gala-aand wat volgende jaar (2025) gehou word. Dit beteken dat 36 bruide ’n wenkans het en dat die gala-aand ’n reuse-belewenis gaan wees.

Daar sal van die 36 finaliste verwag word om die dag voor die kroningsgeleentheid ’n onderhoud met die beoordelaars by te woon (onderhoude sal ’n maksimum van 20 tot 30 minute per bruid duur). Die daaropvolgende aand word die spoggerige gala-aand gehou wat die bruide, hul eggenote en hul gaste bywoon, en waar die wenner uiteindelik aangekondig sal word.


“Netwerk24 is baie opgewonde oor die geleentheid om hierdie gewilde kompetisie vanjaar digitaal vlerke te gee. Ons verwag beslis ’n rekordhoeveelheid inskrywings in hierdie formaat,” sê Madelein Venter, algemene bestuurder: intekenare en bemarking van Media24 Nuus.

Cornette Zietsman, jarelange organiseerder van dié kompetisie en Beeld se handelsmerkbestuurder, is trots op hierdie kompetisie wat vanjaar vir die 38ste keer plaasvind.


“Ek wil ook waardering uitspreek teenoor die borge, waarsonder die kompetisie nie moontlik sou wees nie: World Leisure Holidays, Sealy (deel van Bravo Brands), TO Strand, Hannons, Will and Jacob Watch Collection en Wedding & Lifestyle Hub SA.”


Volgens Zietsman is meer as R452 000 se pryse op die spel. Dit sluit in kontant, vakansies op eie bodem en elders op die vasteland, luukse beddens en kussings, horlosies en geskenkpakke met skoonheidsprodukte vir die wenner, naaswenner en dié in die derde plek. Aan die nege finaliste wat die aand aangewys word, verskaf Sealy ook ’n stel kussings uit hul Natural Comfort-reeks, TO Strand gee drie midweek-nagte se verblyf in ’n selfsorgeenheid vir vyf persone wat deel, en Hannons bederf met skoonheidsprodukte.


Beeld en Die Burger is ook amptelike vennote van die kompetisie.


Lees die volledige bepalings en voorwaardes van die kompetisie op Netwerk24.

’n Inskrywingsfooi van R200 word per bruid gehef en kan betaal word op Quicket. Slegs bruide wat die betaling suksesvol afgehandel het, sal in aanmerking kom vir die stemproses. Indien jy probleme ervaar met die betaling of eerder met direkte bankinbetaling wil betaal, stuur e-pos na [email protected].

Skryf in deur die vorm volledig in te vul en die nodige foto’s in die korrekte formaat by die inskrywing aan te heg.