Die Koning en sy Bruid
Thu Jul 25, 18:00 - Thu Jul 25, 18:50
Adam Small Theatre Complex, Stellenbosch
ABOUT
Tragikomedie OB13 |Seksuele Geweld
Geskryf deur Nichola Viviers
Regisseur Nichola Viviers
Verhoogbestuurder Nicola Joubert
Tegnies Jairus Fritz
Met Jeanne-Marié Koekemoer; Heinrich Wentzel; Angelique Filter
In die jaar van onse Heer, 1745. Die troukis is gepak. Die lemoene voorberei. Die laken skoon gewas. En deur die hele Kaap de Goede Hoop, word daar feesgevier: Boer Willem Aarde en bruid Amélie Bruére trou! ‘n Huwelik beteken die vereniging van families. Van plase. Van rykdom. ‘n Bruilof beteken 'n erfgenaam! (Of erfgename, indien die Bruid só jonk en só rein en só vrugbaar is, soos die een in hierdie storie.) En daar is die geklink van glase in afwagting van die huweliksnag. Maar met die sluit van die slaapkamer en die ooptrek van die hemelbed, kom Boer Willem en Bruid Amélie van aangesig tot aangesig met onvermydelike goddelike plig. Waar intimiteit in iets meer as net die stroop van klere verander. Want vir dié bruidspaar op hul huweliksnag wag daar baie meer as net gevlekte lakens.