Toyota Stellenbosch Woordfees-langtafel
Sun Sep 29, 17:30 - Sun Sep 29, 21:30
Open Window Campus
ABOUT
Bring die verkeerskegels! Dis ’n ware straatbraai saam met Johnny Hamman van John Joseph Anatomy of Food. Suid-Afrikaners se kos-erfenis is gefolter deur vuur, so daarom is ’n kole-kosfees vir alle kulture op die spyskaart – van tandoor tot braai tot Weskusvis. Die Langtafel word weer onder die eike gedek tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat – met feestelike kos en gesellige gaste wat ’n glasie klink. Gaste sal met hulle aankoms ’n komplimentêre glas wyn of vonkelwyn ontvang. Bespreek vroegtydig jou plek aan dié geliefde tafel.
LANGTAFEL-VENUE VERANDERING
Die Langtafel in ’n ander gedaante: Van die straat na die filmstel
Volgens die weerdiens is daar ’n onwegbidbare kans dat dit Sondagaand gaan reën. Die Toyota Stellenbosch Woordfees het dus die besluit geneem om die Langtafel te skuif na ’n droë, beskutte venue waar jy nie agter jou poppadom in die reën hoef aan te hardloop nie.
Alles bly onveranderd. Dis net die venue wat verander. Jy gaan dieselfde smullekker spyskaart kry en langs dieselfde gaste sit, maar die tafeluitleg mag dalk verander. Al is ons beskut, gaan dit steeds ’n koue aand wees, so trek warm aan.
Venue: Open Window-kampus, 1 Distillery Road, Oude Molen, Stellenbosch
Tyd: 18:00
Parkering is beskikbaar
***
Every style of Food over a Fire. From our South African heritage to now, from culture to culture, from tandoor to braai to West Coast fish on the coals – bring on the traffic cones! It’s time for a proper street braai with Johnny Hamman from John Joseph Anatomy of food. The Langtafel once again takes place amidst the beautiful old buildings in Ryneveld Street under the oaks. “Fire food” from Johnny Hamman, convivial guests and good wine. Guests will receive a complimentary glass of wine or sparkling wine on arrival. Book early to ensure that you have a seat at this popular table.
LANGTAFEL-VENUE CHANGE
The Langtafel reimagined: from street to set
According to the weather bureau there is a strong likelihood that it will rain on Sunday evening. Therefore, the Toyota Stellenbosch Woordfees has made the decision to move the Langtafel to a dry, sheltered venue where you won’t have to use your poppadom as an umbrella.
Everything else remains the same. Only the venue changes. You will get the same delicious menu and sit next to the same guests - although the table layout may be a little different. Even though we are sheltered, it will still be a cold night, so please dress warmly.
Venue: Open Window campus, 1 Distillery Road, Oude Molen, Stellenbosch
Time: 18:00
Parking available