'n Lewe in die dag van 'n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie
Mon Sep 30, 12:00 - Sun Oct 6, 11:15
Adam Small-laboratorium (A)
ABOUT
Met David Viviers, Wessel Pretorius
’n Kunssinnige vrugtevlieg raak verlief op Timothée Chalamet op die stel van Call Me by Your Name. ’n Mot met die hart van ’n vlinder probeer ’n verhouding aanknoop met ’n kersvlammetjie gedurende die onsekere dae van beurtkrag. ’n Depressiewe spinnekop betree die wêreld van mededingende klopdans in ’n poging tot selfaanvaarding. David Viviers en Wessel Pretorius keer terug met drie nuwe verhale oor drie onwaarskynlike helde.
Regisseur en skrywer Wessel Pretorius
Verhoogbestuur Wicus Louw
Ouderdomsbeperking: Geen o.13 (T)