Kortfilms | Short Films: O, Griet! Sy's droog + Die Groot Twis + Ons
Wed Aug 28, 10:00 - Wed Aug 28, 11:15
Rotunda at The Bay Hotel
ABOUT
KORTFILMPROJEK – Opkomende filmmakers | SHORT FILM PROJECT – Rising Filmmakers
Die Silwerskermfees-kortfilmprojek bied opkomende filmmakers die geleentheid om kortfilms te ontwikkel en te vervaardig met die finansiële steun en mentorskap van die fees. Hierdie inisiatief het ’n lanseerplatform gebied aan talle nou bekende filmmakers om die bedryf te betree en hulself te vestig. Die projek het oor die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei en het uitgebrei na verskeie kortfilmkategorieë.
The Silwerskerm Short Film Project grants rising filmmakers the opportunity to develop and produce short films with the financial backing and mentorship of the festival. This initiative has offered a platform to numerous now well-known filmmakers to enter and establish themselves in the industry. The project has grown exponentially over the last couple of years and has branched out into various significant short film categories.
O, Griet! Sy's droog
GENRE: Magiese realisme / Magical Realism
REGISSEUR | DIRECTOR: Zandelle Meyer, Anje Barkhuizen
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Ross Hillier
DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Zandelle Meyer
ROLVERDELING | CAST: Letlotlo Sekano, Char Carrie, Ronel Stander, Karin van der Laag
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Griet Productions
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 10-12 PG V L
Die kunstenaar Johan van der Merwe het drie vroue letterlik en figuurlik vasgevang – elk in haar eie geraamde skildery. Hulle kan nie na die buitewêreld terugkeer nie. Die vroue hang netjies langs mekaar teen die galerymuur, maar wanneer hulle in die wêreld agter die muur, buite die raam, te voorskyn kom, bevind hulle hulself in ’n alternatiewe dimensie. Om te ontsnap lyk onmoontlik totdat ’n skildery van ’n meisie met ’n pêreloorbel nuwe lig op hul situasie werp.
The artist Johan van der Merwe, has captured three women – each trapped in her own framed painting. They can’t return to the outside world. The women are neatly hung aside each other against the gallery wall, but when they emerge into the world behind the wall, outside the frame, they find themselves on an alternate plane. Escape seems impossible until a painting of a girl with a pearl earring sheds new light on their situation.
Die Groot Twis
GENRE: Kung Fu-komedie, poppespel, satire / Kung Fu Comedy, Puppetry, Satire
REGISSEUR | DIRECTOR: Johann Vermaak
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Damiane Van Reenen
DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Johann Vermaak
ROLVERDELING | CAST: Eben Genis, Wisema Sithole, Cintaine Schutte, Albert Pretorius, Sne Dladla
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Pretty Neat
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 13 L D P
In ’n tyd van gevaarlike onsekerheid in ons land, is daar net een uitweg vir ’n eerlike man. Kom saam op ’n Groot Trek vanaf die droogste vlaktes van die Karoo tot die hoogste pieke van die Drakensberge. Beleef die passie van 'n oorrompelende liefde met die donkerste skadu. Kyk geskok toe hoe die woede van jaloesie, vriende en vennote teen mekaar draai. Met gevare om elke kronkel en draai van hul reis, sal die ontembare gees van die Suid-Afrikaner oorleef? Vind uit in: Die Groot Twis.
In a time of uncertainty in our land, there’s only one way out for an honest man. Come on a Great Trek from the driest plains of the Karoo to the highest peaks of the Drakensberg mountains. Share in the passion of an all-consuming love with the darkest of shadows. Watch in shock as the fury of jealousy makes foes of friends and friends of foes. With dangers around every twist and turn of their journey, will the indomitable spirit of the South African survive? Find out in: Die Groot Twis.
Ons
GENRE: Riller / Thriller
REGISSEUR | DIRECTOR: Christopher Van Der Westhuizen
KINEMATOGRAAF | CINEMATOGRAPHER: Johannes Scoutsen
DRAAIBOEKSKRYWER | SCRIPTWRITER: Izel Bezuidenhout, Christopher Van Der Westhuizen
ROLVERDELING | CAST: Izel Bezuidenhout, Jacques Adriaanse
PRODUKSIEHUIS | PRODUCTION HOUSE: Fresh Mural
OUDERDOMSBEPERKING | AGE RESTICTION: 16 V S L
Wanneer ’n reeks onthullings en ’n noodlottige gebeurtenis die grondslag van hul verhouding skud, word Liezl en Dirk gedwing om hul diepste vrese, onsekerhede en die gevolge van hul dade in die gesig te staar. Na hulle 'n nag vol skokkende draaie en emosionele onstuimigheid moet navigeer, verander hul lewens onherroeplik. Ons is die donker reis van ’n getroude paar wie se lewens verstrengel is in ’n web van verraad, misverstand, liefde, dood en die betekenis van die lewe.
When a series of revelations and a fatal event shake the foundation of their relationship, Liezl and Dirk are forced to confront their deepest fears, insecurities and the consequences of their actions. Navigating a night full of shocking twists and emotional turbulence, their lives are irrevocably changed. This is the dark journey of a married couple whose lives are entangled in a web of betrayal, misunderstanding, love, death and the meaning of life.
VOLG ONS OP | FOLLOW US ON: