No under 13s

Die Vrou op die Dak

Sat Jul 27, 18:00 - Sat Jul 27, 20:00

Hoërskool Ranburg

ABOUT

René Niewoudt besef sy is op die punt om alles te verloor, insluitend: haar man, haar lewe en haar huis. 

 

Die stootskrapers en slopingsvoertuie arriveer om haar lewe om te dolwe en sy word tot op breekpunt gedruk.

 

In 'n desperate poging om die verlies uit te stel (en hopelik af te stel), klim sy tot bo op die dak van haar huis. Daardie einste huis waar sy haar hele getroude lewe al bly, die huis waar sy en haar man nes geskrop het, waar hulle kinders grootgemaak het...

 

Van hier bo af, besin sy oor haar lewe, haar liefde, haar man, haar kinders, en die algehele redes vir haar bestaan. Sy baklei met bure, omstaanders, selfs die demolisie-span wat in afwagting staan en wag vir haar terugkoms aarde toe. Hoe lank kan sy daar bo bly?

 

Van hier bo af lyk die wêreld heel anders.

En wie weet? Miskien kan hierdie uitkyk, vir haar 'n nuwe uitkyk gee.  


 -----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

  

Je-ani Swiegelaar (Naomi Koster in Binnelanders op KykNet) vertolk die rol van René Nieuwoudt, ‘n vrou op die rand van ‘n moontlike afgrond. René is ‘n komplekse, dog eenvoudige vrou – met net één doel voor oë: behoud.

 

Germandt Geldenhuys (Louis Koster in Binnelanders op KykNet) behartig die regie vir “Die Vrou Op Die Dak”, ‘n produksie waarvan hy mede-skrywer is. 

DIRECTIONS

Die Vrou op die Dak
Hoërskool Ranburg
183 Malibongwe Dr, Robindale, Randburg, 2194
Get Directions