Wellington Stasiefees 2017

Sat May 13, 09:00 - Sat May 13, 17:00

Wellington Wines Stokery Weg

ABOUT

Dit is weer tyd vir die Wellington Stasiefees!

Hierdie fees het in 2013 ontstaan toe die Wellington Stasie sy 150ste bestaansjaar gevier het.  Die eerste fees het aanvanklik as die “ATKV Konsternasie op die Stasie Fees” bekendgestaan.  Hierdie eerste poging was ‘n groot sukses wat ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir oud en jonk gebied het en waartydens daar ook ‘n reuse melktert-aanslag was om in die Guinness Book of Records opgeneem te word.


Die Stasiefees het oor die jare uitgebrei en homself gevestig as ‘n fees wat beslis nie misgeloop kan word nie.  Die huidige formaat skop met ‘n gholfdag op die Donderdag voor die fees af.  Dit word opgevolg met ‘n program op die Vrydagaand  (ABBA Vertoning) en die hoof-Feesverrigtinge op die Saterdag.


Oud en jonk kan hulle aan al die heerlike kos, aktiwiteite en snoeperye verlustig, om nie eers van al die stalletjies met klere, handgemaakte artikels en speelpark vir die kinders te praat nie.


Gewilde gaskunstenaars, wat ervare en nuwe talent insluit, tree deur die loop van die fees op en help om van die hele Fees een groot makietie te maak.


Die Stasiefees is voorwaar ‘n opskop wat die erfenis, verskillende kulture en gees van gemeensaamheid meesterlik saamsnoer en vier – ‘n geleentheid wat geeneen mag misloop nie!

Tydens die 2017 program kan u uitsien na:
- Vonkelontbyt in die Wellington Wines tent vanaf 9:30; wat demonstrasies met n paar pret wyn-idees insluit.  (R60 per persoon addisioneel)
- Laai gerus die jongspan by Tjiff en Tjaff in die musiektent af, of by die Kostent vir n kolwyntjiekompetisie, en begin die oggend rustig. 
- Vanaf 11:00 is daar vermaak deur opkomende kunstenaars onder leiding van Karin K.
- Om 15:30 begin ‘n gratis Refentse Morake vertoning.

In die kostent kan die volgende verwag word:
- Jong Kokke tussen die ouderdom 4 - 8 kom wys hul versiervernuf.  Versier 'n kolwyntjie en spog met jou eie voorskoot-skepping om ‘n prys te wen      (Addisionele inskrywing) (vanaf 9:30)
- Amore (RSG aanbieder) bied n praatjie aan:  "Jy en jou kreatiwiteit" (gratis).
- Tannie Poppie (Kokkedoor Wenner) bied ‘n demonstrasie aan en leer die die kokke tussen 9 en 12 jaar 'n nuwe kombuisvaardigheid en resep.
- Neem deel aan die maak van n reuse-melkterk
- Toets jou kombuisvaardighede in die kostent - skryf ‘n span in om deel te neem aan 'n kos-kardoesie (elke span ontvang n sakkie met bestanddele - wat hulle maak, is hulle saak)

In die Wyntent
- Kom geniet 'n wynproe (R30 per persoon) of sit terug en kuier saam (wyne vanaf R40 per bottel).
- Sluit aan vir ‘n gesprek oor Chenin Blanc in Suid Afrika.
- Kyk na historiese perdekarre en ervaar waar die kelder se vorige naam, "Wamakersvallei", sy oorsprong het.  Smul ook later aan hul waterblommetjiepot. 


Kuier in die Teetuin
- ACVV bied ‘n teetuin aan - geniet ‘n koppie tee en neem deel aan die hekelmarathon, (‘n unieke marathon waar die publiek in aflosbeurte in eie spanne van 6,  elk ‘n blokkie van 10cm x 10cm hekel om uiteindelik babakombersies vir behoeftiges te maak.)  Skryf gerus jou kantoorspan as deel van ‘n spanbousessie in – geen  ekstra inskrywingsfooie; maar bespreking noodsaaklik.  Kontak [email protected] vir bespreking.  Die span met die meeste voltooide blokkies wen onder andere 'n boks W wyn en 'n wegbreekbedref. 


Buite areana
- Kom ervaar weer kultuur met die Rieldansers & Kaapse Klopse.
- Kom speel handjietennis, of kyk wat die Sterkman kan uitrig.
- Klouter op ‘n Rotsklimmuur (addisionele kostes). 
- Kom luister vir Rooikappie, aangebied deur Karin K (gratis).

Woon een van die volgende werkswinkels by:
- Verftegnieke:  R380 per persoon - bespreek vooraf om terleurstelling te voorkom.
- Voorleeswerkswinkel deur die Vriende van Afrikaans.
- Kick Unemployment.

Vermy die verkeer en besoek ons per trein (vertrek vanaf Kraaifontein, Bellville en  Brakenfell stasie)  of geniet ‘n verskeidenheid veilige treinritte tussen Wellington en die Paarl.
 

DIRECTIONS

Wellington Stasiefees 2017
Wellington Wines Stokery Weg
Stokery Rd, Wellington, 7655, South Africa
Get Directions