SECUNDA FOR HIS (JESUS) GLORY GETUIENIS OGGEND SAAM MET PASTOOR OCKIE FOURIE EN SONJA BASSON
Sat Jul 13, 09:30 - Sat Jul 13, 13:00
Nederduitsch Hervormde Kerk, Secunda
ABOUT
Bestaan daar iets soos wonderwerke? Is dit net in die Bybel waar jy van dit lees? Wel ons het goeie nuus vir jou! God is 'n God van deurbrake en wonderwerke.
JA JY HET REG GEHOOR!
Kom woon die oggend by saam met bekendes wat hulle stories van hoop en wonderwerke met ons kom deel.
- Sonja Basson deel met ons hoe Abba Vader haar uit 'n verwoestende veldbrand gered het en haar genesingspad wat oor 28 jaar strek.
- Pastoor en Evangelis Ockie Fourie vertel hoe genade hom gered het van 'n lewe gevul met misdaad, haat en wreedheid.
Voeg daarby verslawing en jy wonder hoe iemand heel anderkant kan uitkom? Hy vertel sy verhaal en hoe God hom gebruik in die helings bediening.
Hulle unieke getuienisse vertel van hoe groot God se genade en liefde vir elke een van ons is.
Kom vergeet vir 'n oggend van jouself en fokus op God. Dit gaan alles oor HOM! Nie net sal dit die uitkyk op jou lewe verander nie, maar wie weet.... dalk verander jy ook.
Van een ding kan jy verseker wees, jy gaan nie leeg huis toe keer nie!