No under 16s

4 Panado's en 'n Chardonnay - Elzabé Zietsman (Kabaret @ Die Centurion Teater)

Sat Jul 27, 19:30 - Sat Jul 27, 20:45

Die Centurion Teater

ABOUT

Vier Panado’s en ’n Chardonnay


KANNA (KKNK) Toekenning vir Beste Aanbieding: Musiek 2024!


MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel 

TEKS EN REGIE Johann Slabbert 

MUSIEKREGIE Tony Bentel 

VERVAARDIGER Drama Drama


In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.


"In net meer as 'n uur bied Zietsman en Tony Bentel voor die klavier 'n afgeronde, bedrewe vertoning aan wat salf gee, die humor uitlig in bykans als wat ons hier beleef en dan omgord sy jou met 'n wapenuitrusting om weer in die wêreld te kan uitgaan. Zietsman en teksskrywer Johann Slabbert (Routrip) werk en verken 'n groot emosionele terrein in Vier Panado's en 'n Chardonnay - hul aanslag is lig, intelligent, snaaks en bemoedigend." - Laetitia Pople, Netwerk24 

DIRECTIONS

4 Panado's en 'n Chardonnay - Elzabé Zietsman (Kabaret @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions