FREE OPTIONS
Family friendly

Dinosourusse kan nie lees nie! (Kinderteater @ Die Centurion Teater)

Fri Jun 21, 10:00 - Sat Jun 22, 11:00

Die Centurion Teater

ABOUT

UITVERKOOP!


Bespreek gerus kaartjies vir ons ANDER KINDERTEATER produksies hiérdie seisoen:


Sonja & Tjokker (29 Julie): https://qkt.io/SonjaTjokkerJunie

Gouelokkies - Sprokiesland Speurder (4 - 6 Julie): https://qkt.io/GouelokkiesJulie


-----


Vir die tweede keer terug by Die Centurion Teater vir die Junie/Julie Vakansie-seisoen, na uitverkoopte vertonings vroeër die jaar!


Emmie en haar vreemde Oupa Bas het ’n reuseprobleem! Wat maak ’n mens met ’n dinosourus in jou sitkamer? En hoe kry ’n mens daardie dinosourus weer terug by sy huis?


Dinosourusse kan nie lees nie is geskryf deur die bekende teatermaker en aktrise Ilne Fourie en word deur die ATKV aangebied in samewerking met Scenario Produksies. Met kleurvolle karakters en lekker loslitliedjies neem dié kinderteaterstuk jonk en oud op ’n verbeeldingsvlug.


Interaktief en kreatief, met ’n lessie daarby: Lees is baie belangrik en baie lekker!

DIRECTIONS

Dinosourusse kan nie lees nie! (Kinderteater @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions