Family friendly

Dubbeldoor

Fri Jun 7, 19:00 - Fri Jun 7, 21:15

Hoogeind Manor, Somerset-Wes

ABOUT

KLANKKALEIDOSKOOP



Afrikaans, is ons taal.


Die Afrikaanse woordeskat ontsluit 'n skatkis van stories, herinneringe, emosies en vreugde. Ons Suid-Afrikaanse digters en skrywers se bydraes gee vir ons toegang tot hierdie skatkis. Amanda Strydam, Adam Small, Spoegwolf se Danie du Toit en Natanël is van die woordmeesters wie se skryfwerk wat in Klankkaleiskoop gebruik word.


Met hierdie woord- en musiekprogram word jou sintuie verskerp en kan jy moeiteloos deel raak van die vertellings.


En wegstap met jou siel gevoed.


Tekssamesteller Johan Laten

Kunstenaars Alida Kruger, Freda le Roux en Johan Laten


Wat die mense sê:

Uitsonderlike vertolkings van al drie kunstenaars.

Meer mense moet hierdie produksie sien.

Kunstefees-gehalte!


SOETBITTER



Twee mense uit twee wêrelde se paaie kruis. Hulle legkaartstukkies pas perfek. Hulle liefde vir mekaar is eg en opreg. Soet soos die sjokolade waarmee Annette bederf word, maar bitter weens 'n onverwagse wending wat niemand kon keer nie.


Soetbitter is gebaseer op 'n ware verhaal van ongeveer 100 jaar gelede.


Teks Hester Genis

Akteurs Hester Genis en Johan Laten


Wat die mense sê:

Diep geraak! Jou hele menswees word ingetrek!

Die toneelspel was absoluut voortreflik en die kykers het die ware sny van die lewe in murg en been ervaar. Skitterend! Roerende lewensdrama.



DIRECTIONS

Dubbeldoor
Hoogeind Manor, Somerset-Wes
88 Mondeor Rd, Somerset West, Cape Town, 7130
Get Directions