Reünie met Frank Opperman

Sat May 25, 19:30 - Sat May 25, 20:30

The Hangklip Hotel

ABOUT

Afrikaans Stage Piece.


Dit is dieselfde skoolsaal, maar dit is 43 jaar later vir die 1980-matriekgroep. Ja, dit is tyd vir hul 40 jaar-reünie, maar weebs die Covid-pandemie kan hulle dit eers 3 jaar later hou. Die reünie word beleef deur die oë van Adam Boshoff, wat as verteller optree. Deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ‘n beurt agter die mikrofoon om hul se te sê. Party humoristies, ander meer ernstig en besinnend. 40 jaar gelede het almal saam ‘n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer gesamentlik konfronteer. Hoe leef hulle voortaan die skoolleuse “Voortwaarts” uit?

 

Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog, onder meer met Die uwe, Pottie Potgieter, Rooikaart, Hond, Klaagliedere van dominee Tienie Benade en Donkie. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis en ’n tikkie nostalgie.

DIRECTIONS

Reünie met Frank Opperman
The Hangklip Hotel
Overberg DC, 6940
Get Directions