SARIE Kersfeesetes 2024 aangebied deur Today
Wed Nov 20, 19:00 - Sun Nov 24, 19:00
Nasdak Rooftop Venue, Media24-sentrum
ABOUT
*Donderdag (21 Nov) Saterdagaand (23 November) en Sondagmiddag (24 November) is reeds uitverkoop*
By dié etes eet ons nie net nie – ons beleef dit! Dis ’n glinsterende item op ons feeskalender en ons wens elke leser kon daar wees om Herman se kos, die resepte, die geskenke, die drankies, die uitsig en samesyn te ervaar.
Jy hoef maar net na ’n paar foto’s van verlede jaar se ervarings te kyk om te weet: Dit is ’n hoogtepunt van die jaar by SARIE!
Kom geniet vanjaar se Kersfeesete-ervarings saam met SARIE en TODAY op Nasdak op die 26ste vloer van die Media24-sentrum in die middestad, met ’n 360°-uitsig op Kaapstad – ons is in die wolke om terug te wees in dié betowerende Nasdak Rooftop Venue. Ons doen dit in styl, en SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, kook ’n vyfgangete spesiaal vir jou.
Robertson Winery sal seker maak dat daar nie ’n droë keel gaan wees nie. Net die beste gehalte word uitgekies vir dié liplekker vyfgangmaaltyd, met Woolworths wat hul kenmerkende kwaliteit na die tafel bring, en die bederf van B-well se gesonde, trots plaaslike produkte. Sparta Beef maak seker net die beste snit word geniet, en Biggi Springmielies, sorg vir ’n ekstra verrassing.
Moenie hierdie kans misloop nie – maak dit ook deel van jóú feeskalender. Bring ’n vriendin, jou vriendinne of familie en kom vier Kersfees saam met ons.
INGESLUIT BY DIE KERSFEESETE-ERVARING
- Drankies van Robertson Winery
- ’n Vyfgangfeesmaal PLUS al die resepte
- ’n Geskenkpak vol bederwe van die borge en SARIE
- ’n Aand se samesyn saam met vriende en familie
Kontantkroeg vir hardehout beskikbaar.
DATUMS
Woensdag 20 November 19:00
Donderdag 21 November 19:00
Vrydag 22 November 19:00
Saterdag 23 November 18:00
Sondag 24 November 13:00
BESPREKINGS EN NAVRAE
Bespreek jou plek, en indien jy enige navrae het, kontak [email protected].
TAFELS
Ons bou tafels rondom jou bespreking. Jy moet dus vir al jou gaste op een slag betaal sodat ons weet hoeveel mense om ’n tafel sit. Die tafel sal onder jou naam bespreek wees.
Sien jou daar!