Sport Mind: Strategieë vir sportafrigters, ouers en sport organiseerders om atleetprestasie te verbeter.

Mon Apr 29, 18:00 - Mon Apr 29, 20:00

Lutzville

ABOUT

Strategieë vir sportafrigters, ouers en Sport organiseerders om atleetprestasie te verbeter.


Is jy 'n afrigter, onderwyser, ouer of sport organiseerder wat graag meer wil weet oor die verstandelike aspekte van sport, of is jy dalk 'n ouer wat wil weet hoe om jou jong atleet beter te ondersteun? Hierdie is 'n uitstekende geleentheid om jou vrae te beantwoord en ook nuwe tegnieke te leer wat jou kan help en ook jou atleet kan help.


Hoe belangrik is dit vir jou om 'n "kompeterende voordeel" te kan ontwikkel?


Hierdie sessie is spesifiek gemik om afrigter, onderwyser, ouers en sport organiseerder te help om die verstandelike vermoens en welstand van hul atlete en kinders te bevorder.


Kom sluit by my aan en gesels saam en vra die vrae wat jou kan help om jou span, atleet of kind verstandelike sterker te kan maak vir sport en in die lewe.


As afrigter, ouer en sport organiseerders kan jy meer leer hoe om verstandelike/geestelike vaardighede in atlete te ontwikkel, soos doelwitstelling, visualisering, positiewe selfpraat en hantering van druk. Hierdie vaardighede kan atlete help om op hul beste te presteer en hul doelwitte te bereik.


Selfvertroue is essensieel in sport, en verstandelike/geestelike opleiding kan atlete help om dit op te bou en te behou en jy het nou die geleentheid om jou spelers of kinders te help om 'n sterk selfbeeld te ontwikkel en selftwyfel te oorkom.


Sport kan stresvol wees, en atlete kan sukkel met angs, depressie of ander geestesgesondheidsprobleme. Sal dit nie waardevol wees as jy meer kan leer hoe om tekens van geestesgesondheidsprobleme in hul atlete te identifiseer en hoe om ondersteuning en hulpbronne te bied.


Die "Sport Mind" sessie kan dalk net die verskil wees wat jy nodig het.


The “Sport Mind Workshops” is a fantastic opportunity to learn and understand the importance of mental preparation in sport and how you can use your mind to improve performance. Not only gives it a new perspective on preparation for competitive sport but also how to deal with competition stress and anxiety. As a coach I have learned how to positive talk to athletes to inspire, motivate and support in training and competitions. Coaches need to deal with their own stresses, anxiety of athletes, expectations of parents and so much more and the sport mind workshop taught me more on how to deal with all of these challenges. Danny Damon - Full time coach at Monster Javelin Coaching, specialising in javelin and also part of the SA Coaching Team.


Onthou, fiesiese vermoëns en talent is nie die enigste aspekte wat tot sukses lei nie. Wat jy dink en waar jou gedagtes gaan, is die verskil tussen ‘n uitsonderlike en ‘n gemiddelde prestasie.



“Dit is al keer op keer bewys dat die atleet met die beter ingesteldheid, beter presteer.”


Om verstandelik sterk te wees is die begeerte van elke mededingende atleet. Soos enige vaardigheid wat aangeleer en ontwikkel kan word, so kan verstandelike sterkte ook ontwikkel word. Deur verstandelik sterk te wees, kan jy jou talent en vaardighede versterk en verbeter. Die gebruik van denkvaardighede, visualisering, selfvertroue bou en ander tegnieke, kan jou prestasie verbeter.



"Daar is baie nuttige tegnieke wat jou kan help om jou ‘atleet of span 'n kompeterende voorsprong te gee, wanneer jy ook die verstandelike/geestelik aspek ontwikkel."


Sommige van die onderwerpe wat ons oor gaan gesels:



  • Die ontwikkeling van 'n "Mentally" sterk atleet.
  • Motivering - Verskillende atlete, verskillende maniere.
  • Span kohesie - Een span verskillend spelers.
  • Bestuur van uitkoms verwagting - Sukses en mislukking
  • Prestasie angs.
  • Die skep van positiewe ankers.
  • Die rol van die speler, afrigter en ouer.
  • en meer


Wie moet bywoon:

Afrigters, onderwysers, ouers, bestuurders en enige iemand wat betrokke is by spelerprestasie-verbetering.


Koste:

R 350-00 per persoon

Groep van 5 of meer sal R 275-00 per persoon wees.



Plek:

Lutzville - Sal nog bevestig word


Aangebied deur Bennie Louw

Bennie is daartoe verbind om atlete, hul gesinne en afrigters te help om hul lewens deur sport te verryk deur lewensvaardighede aan te leer om hoë vlakke van prestasie te bereik en hul sportdeelname te geniet.

Bennie het meer as 15 jaar ondervinding om afrigters, ouers, sportmanne en -vroue, van amateur tot wêreldkampioene, met hul verstandelike benadering tot sport te help. Bennie werk met kliënte op individuele grondslag en bied ook werkswinkels en spangeleenthede regoor Suid-Afrika aan.

Die doel van verstandelike afrigting is om aksie te inspireer en die vlak van aksie is 'n direkte gevolg van jou denke. Deur verstandelike afrigting kan jy die vlak van jou denke verhoog, jou beperkings oorskry en uitdagings en blokkasies oorkom om die resultate te bereik wat jy verlang


https://sportmindcoach.co.za/



DIRECTIONS

Sport Mind: Strategieë vir sportafrigters, ouers en sport organiseerders om atleetprestasie te verbeter.
Lutzville
Vredendal, 8160
Get Directions