Family friendly

AFTREE EKSPO / RETIREMENT EXPO 2024

Sat Jul 20, 10:00 - Sun Jul 21, 16:00

Vodacom World Events

ABOUT

Media24 se vlagskip handelsmerke wil jou hand vat en saam met jou kyk hoe mens te werk gaan om gereed, gerus en gelukkig te wees oor die beplanning van jou aftrede.


Na die sukses van ons Lewe Plus Ekspo in 2023 het Rapport, Netwerk24 en Beeld besluit om die ekspo te herhaal. Daar is ‘n behoefte by die gemiddelde Suid-Afrikaner om meer te weet en gelei te word in die beplanning van hul aftree jare. Vir twee dae lank gaan ons ‘n omvattende en interaktiewe Aftree Ekspo bied wat handel oor goeie raad en besluite rondom aftrede en watter strikke om te voorkom.


Kom ontdek, leer en luister na kenners en raad oor jou welstand in daardie goue jare. Al vier pilare van aftrede (finansies, eiendom, gesondheid en familie) word ten volle gedek. Kom gesels met ‘n wye reeks uitstallers, adviseurs en raadgewers. Kom luister en neem deel aan ons paneelgesprekke.


Hierdie ekspo is ‘n aanwins vir almal! Die Media24 Aftree Ekspo is van onskatbare waarde vir oud en jonk.

DIRECTIONS

AFTREE EKSPO / RETIREMENT EXPO 2024
Vodacom World Events
Vodacom Blvd, Noordwyk, Midrand, 1687
Get Directions