SA Jagters 75-jaar Gedenkgeweer Kompetisie: .416 Rigby
Thu Oct 3, 12:00 - Thu Oct 31, 23:45
Event is online
ABOUT
Slegs SA Jagters lede kan deelneem
Daar is min dinge wat jagters en skuts se harte vinniger laat klop as 'n mooi geweer. Om SA Jagters se 75ste bestaansjaar te vier, laat die Vereniging twee gewere vervaardig in die klassieke Rigby-styl in kalibers .275 en .416 met kolwe van Turkse okkerneuthout
Twee lede staan 'n kans om hierdie gewere in 'n gelukkige trekking te wen. Gooi jou kaartjie in die hoed vir slegs R50 'n kaartjie.
Die gewere word gebou in die klassieke Rigby-styl en kalibers – ’n .275 Rigby (7X57) met 'n minimum waarde van sowat R80 000, en 'n .416 Rigby wat minimum sowat R180 000 werd is.
Jy hoef nie teenwoordig te wees met die trekking om te wen nie. Die wenner sal telefonies in kennis gestel word.
Datums
- Sluitingsdatum: 31 Oktober 2024
- Trekkingdatum: 2 November 2024
Die .416 Rigby
Die .416 Rigby word gebou op ’n Ralph Badenhorst M98 Magnum Mauser-aksie met dubbel vierkantbrug. Die loop sal ook 26 duim lank wees met 'n Rigby-bandgreep ingebed in die loop. ’n Timney-sneller word ook hier gebruik. Om die klassieke element te behou sal die aksie ook nie geboor en getap word vir ’n teleskoopmontering nie. Die oorspronklike Mauser-veiligheidsknip word ook behou.
Turkse okkerneuthout van 'n goeie gehalte is vir die kolf gekies. ’n Metaaldekseltjie sal die Rigby-styl greep se greepkap versier om by die klassieke styl van die grootkaliber te hou. Die korrel en klappiesvisier is ’n kortrib Rigby-styl.
SA Jagters se 75-jaar embleem in goud word op die magasynplaat gegraveer en ingelê.
Terme en voorwaardes is op SA Jagters se webwerf (www.sahunters.co.za) beskikbaar.