Sekretaresse-bederfdag
Wed Sep 4, 08:30 - Wed Sep 4, 12:30
Mossel Bay Golf Club
ABOUT
4 September is Sekretaresse dag en daarom wil ons graag alle sekreatesses en kantoorpersoneel in die Mosselbaai, George en wyer areas nooi om die dag saam met ons te kom geniet.
Die bekende Lindie Strydom is die hoofspreker. Haar bemoedigende boodskap gaan sommer weer jou tenk vol maak om jou dagtaak aan te pak.
Debbie Laubscher van iSimplifi gaan met jou kom gesels oor hoe om tyd te spaar in jou dag deur jou rekenaarvaardighede op te skerp. Veral ook watter invloed AI het en hoe dit JOU kan help.
Kostes is R250 met ligte middagete ingesluit. Dit vind plaas by Mosselbaai gholfklub.
Slegs beperkte hoeveelheid kaartjies. Spring dus vinnig om joune te bespreek.