Family friendly

Joshua Na Die Reën @ Doxa Deo Linden

Fri May 17, 19:00 - Fri May 17, 21:00

Doxa Deo Linden

ABOUT

17 Mei 2024

@ 19:00

Doxa Deo Linden

Kaartjies teen R250pp beskikbaar op Quicket


"Dit is lekker om vir die eerste keer by Doxa Deo Linden te kom kuier. 


Na 10 jaar as Joshua na die Reën, is ek bevoorreg om steeds met begaafde musikante die verhoog te deel. Hiérdie keer saam met Lardo De Beer agter die dromme, Stanley June met bass, Raziela Grey met viool en Heini Berner met elektriese kitaar.


Ek bring stories en liedjies vanaf my vorige 4 albums, en dalk so 1 of 2 nuwe liedjies, en vir seker 'n paar gedigte.


Vir my is musiek 'n manier om een te wees met die oomblik, en ek is dankbaar dat ons saam in hierdie sweeftuig kan klim en op reis gaan na die mooi plekke binne ons.


Sien julle een van die dae!"


-Joshua Na Die Reën


Vir meer inligting kontak asseblief [email protected]

DIRECTIONS

Joshua Na Die Reën @ Doxa Deo Linden
Doxa Deo Linden
44 5th St, Linden, Randburg, 2104
Get Directions