No under 16s

Luna Paige Album Bekendstelling by Maroela Media

Fri Apr 12, 17:30 - Fri Apr 12, 21:00

Maroela Media

ABOUT

Deure open: 17:30 vir 18:00

Drankies: 17:30-18:30

Konsert begin: 18:30

Pouse & ligte happies: 19:15

19:45: Tweede helfte

20:30/20:45: Afsluiting


Kaartjies: R410 per persoon (sluit drankies en ligte happies in)

Slegs 40 kaartjies beskikbaar (eksklusief: Kom vind uit oor Luna Paige se skryfproses & die stories agter die liedjies).

Saam met Luna op die verhoog is Mauritz Lotz op kitare.


Kom kuier saam in Maroela Media se onthaalarea.


LUNA PAIGE 2- ALBUM LAUNCH: "DIS DIE DORS" AND "HARMONY"


Op 5 April stel Luna haar twee nuwe enkelsnitte en musiekvideos "Dis die dors" en "I'd rather be alone than alone in love" aan die publiek bekend. Beide haar nuwe Afrikaanse en Engelse albums word op 12 April aanlyn beskikbaar gestel. Ter viering van die nuwe musiek, word aanhangers uitgenooi om saam met Luna te kom vier deur na die nuwe musiek te kom luister by Maroela Media se kantore in Centurion. Gehoorlede word aangemoedig om Luna Paige te ondersteun deur een van 200 kopieë van Luna Paige se 2 nuwe albums wat in harde kopie (USB-formaat) beskikbaar gemaak sal word, aan te skaf. Dit sluit ook haar lirieke, ontwerpe en twee nuwe musiekvideos in. 


Luna Paige will also be making 100 bespoke Luna Paige notebooks with lyrical extracts available.


She will be performing a selection of songs from her new English and Afrikaans albums, and will be joined on stage by musician Mauritz Lotz - who also contributed towards the new albums. Come and celebrate Luna's first full-length album release(s) since 2014. 


Meer oor "Dis die dors":

“Dis die dors” is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas. “Die lied handel oor die mens in verhouding tot die Natuur – oor ons nietigheid, maar hoe ons tog onlosmaaklik deel vorm van ‘n groter geheel en gedryf word deur ‘n amper onblusbare aptyt vir die lewe. In Afrikaans kan ek nie help om my inspirasie in die grond, die water, die wind en die vuur te loop soek nie. Ons is mense van die aarde. Hier in Suid-Afrika is ons nog gelukkig so – dat ons naby aan die Natuur leef. Die moderne samelewing bly ons in ‘n rigting druk wat al verder van ons inhirente natuur is. Ek bly myself herinner hoe belangrik die broodnodige band tussen mens en natuur vir oorlewing op alle vlakke is”, sê Luna Paige.


More about "Harmony":

"Harmony" is Luna's fifth English solo album. "Harmony" was chosen as the title track for the album because the song in turn captures the English album in its entirety. "Harmony" is based on the philosophies of Plato and Heroclitus, and plays with the theme of opposites: light, dark, good, bad, wholeness and brokenness. "What excites me about the album is the genres I play with. I am older, braver, and more confident. Years of collaborative projects with diverse and excellent musicians have unconsciously influenced me musically and have led to new sounds in my music. I rock, I make social commentary, I ska/reggae and I dabble with swampy blues. Of course there are, as always, a few piano-driven ballads too", Luna explains excitedly.

 

In short:

Where "Dis die dors" deals introspectively about man vs. nature, "Harmony" deals with man in relation to other people - "...about our relationships with each other and with society", says Luna Paige.

 


Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:

 


  1. 100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R500 elk
  2. 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
  3. 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit “Dis die dors” en “Harmony”.

 

Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.


DIRECTIONS

Luna Paige Album Bekendstelling by Maroela Media
Maroela Media
Voortrekkermonument, Monumentstraat, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027
Get Directions