Chris Chameleon live in Stellenbosch

Sun Apr 7, 13:00 - Sun Apr 7, 17:00

The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

ABOUT

Hoewel ek onder die donderweer tussen die mielies en die mynhope gebore is, was ek sedert 1971 elke, liewe jaar in die kaap. tot en met 2018. Want na 2018 was ek nie weer daar nie.

Hierdie jaar, vir die eerste keer in 6 jaar, kom voel ek weer die kaap se strale om te sien of die seisoene in die kaap is soos ek hulle onthou. om te wys hoe die seisoene om my ontvou het. die herfsreis. my herfsreis.

 

Kom geniet 'n Sondagmiddag show saam by Daisy Jones op die Summerhill Wynplaas net buite Stellenbosch op 7 April.


Plek: Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch

Datum: 7 April 2024

Deure: 13h00

Show: 15h00

Tafel besprekings: WhatsApp - 064 968 2015 (Let asb dit is tafeldeling)


Meer oor die kunstenaar:

Innoverend, produktief en eindeloos kreatief, Chris Chameleon het bekend geword in Suid Afrika en die buiteland as 'n musikale verskynsel. Met 'n styl van sy eie, onweerstaanbare verhoog persoonlikheid en 'n reputasie om gehore te betower met sy vier-oktaaf stem en vokaal akrobatiek, het sy uitsonderlike talent vir hom goeie resensies en talle toekennings oor die afgelope 33 jaar. Toekennings sluit in drie Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMA's), 'n Suid-Afrikaner Film en Televisie-toekenning (SAFTA) en 'n Erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

DIRECTIONS

Chris Chameleon live in Stellenbosch
The Daisy Jones, Summerhill Wines, R44, Stellenbosch
33°52'57. 18°50'49, 6 8th Ave, Stellenbosch, 7615
Get Directions