No under 13s

Trou is nie Perdekoop nie - met David Louw & Christel van den Bergh ('n Komedie @ Die Centurion Teater)

Fri Apr 19, 19:30 - Fri Apr 19, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Trou is nie Perdekoop nie - ñ Komedie


Met David Louw & Christel van den Bergh

Teks: David Louw


Milan en Daniel is ñ jong paartjie in hulle vroeë dertigs, hulle is ongetroud en is al amper drie jaar in ñ ernstige verhouding. Hulle bly in Daniel se Ma se Garden cottage in Westcliff in Johannesburg. ñ Kragpaar. Hardwerkend, ongelooflik lief vir mekaar, deel dieselfde drome en soek dieselfde uit die lewe uit... wel soortvan. Milan wil trou en Daniel glo nie daarin nie. GAME ON!!!

Vanaand is die aand wat die poppe gaan dans. Hulle altwee bring hulle “A GAME” en die handskoene kom af. Daniel gaan probeer om Milan se mind te change, Milan gaan vir niks minder as ñ troue settle nie.


Gaan hulle opbreek? Of gaan hulle hierdie paadjie saam aandurf? Gaan hulle hierdie perd opsaal en besef “TROU IS NIE PERDEKOOP NIE”


Hierdie is die perfekte teater-produksie vir enige iemand wat al getroud was, wat beplan om te trou, wat wil trou of nie wil trou nie. Vir enige iemand wat al daaraan gedink het om te trou, iemand wat iemand ken wat getroud is of iemand ken wat moet trou. Iemand wat al geskei is of iemand wat net in 'n verhouding is.


TROU IS NIE PERDEKOOP NIE. Kom lag(en huil) saam!"

DIRECTIONS

Trou is nie Perdekoop nie - met David Louw & Christel van den Bergh ('n Komedie @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions