Family friendly

Helena Hettema in Cabaret (Live @ Die Centurion Teater)

Sat Apr 13, 19:00 - Sat Apr 13, 20:30

Die Centurion Teater

ABOUT

A LITTLE PARIS MAGIC, THE DIVAS DIVINE, MAGICAL MUSICALS AND A BREATH OF HETTEMA


Helena Hettema , gevierde kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise bied  op 13 April 2024 ‘n veelsydige en omvattende program by die Centurionteater, Amkorweg, Lyttelton aan. Sy word begelei deur begaafde pianis Elsa Strating en jong violis, Reuben van Nieuwenhuizen.


Vanjaar vier Helena 30 jaar in die musiekbedryf en het deurgaans lof ontvang vir haar kragtige, sielvolle vertolking van Piaf, “die mossie van Parys” en die Franse legendes soos die Vlaams/Franse sanger /liedjieskrywer Jacques Brel, Mireille Matthieu and Charles Aznavour.


Hoogtepunte van uitvoerings van dié musiek sluit in “Symphonic Pops”  tweekeer met die Kaapse Simfonie-orkes onder die stok van gevierde dirigente Alan Stephenson en Gerard Korsten en meer onlangs op die MSC skip, Musica om die musiek van Parys te herleef.


Musiek uit haar DVD “ A tribute to the great Divas and Magical Musicals” geïnspireer en geskiet tydens Covid-19, gee nuwe lewe aan die groot divas soos Shirley Bassey en Judy Garland en blyspele soos “Fiddler on the roof”, “Jesus Christ Superstar” en “Les Miserables” word vertolk. Elsa Strating was verantwoordelik vir al die musiek verwerkings en klavierspel op die DVD.


 Sy sing ook in Nederlands die kragtige “La Mamma” (bekend gemaak deur die Nederlandse sangeres Corry Brokken) wat vertel van ‘n sterwende sigeunerkoningin deur Charles Aznavour geskryf, begelei deur Reuben en Elsa.


Daar is ook etlike van Helena se eie komposisies, “Divided Heart” geskryf op Brighton Beach in Londen, die gewilde “Sonkring” temalied wat haar in haar vroee jare bekend gemaak het en haar lied, “Die Trein het jou kom haal” op haar CD Rooiwynliefde, met die musiek van wyle Christa Steyn (lirieke Mariane Venter), sal ook gehoor word.


Etlike van Helena se universele gedigte in Engels en Afrikaans uit haar koffietafelboek, “Journeyman - ‘n digter ontbloor”, wat laat in 2024 vrygestel word, is deel van die optrede.


Opwindende jong violis, 16- jarige Reuben van Nieuenhuizen,( algehele wenner van Il Vento 2022 en lid van Simfonia Juventi waar hy as solis opgetree het asook met die Pretoria Simfonie Orkes en die Rand Simfonie Orkes) verskyn saam met Helena.

Die pragtige temalied uit Cinema Paradiso van Ennio Morricone asook “I don’t know how to love him” saam met Elsa Strating is deel van die program.


Elsa gaan ook die meesleurende “Flight to Rhodos” en “Por una Cabeza” uitvoer.

DIRECTIONS

Helena Hettema in Cabaret (Live @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions