FREE OPTIONS

PAASFEES IN DIE TUIN

Sun Mar 31, 10:00 - Sun Mar 31, 15:30

Jeffreys Bay

ABOUT

Paasfees in die tuin

 

Op Sondag 31 Maart 2024 bied Jeffreysbaai Toerisme in samewerking met Fountains Mall in Jeffreysbaai 'n program aan vir ieder en elk van die familie tussen 10:00 en 15:00. Almal word uitgenooi om Paas Sondag saam met te kom piekniek en te kuier in die tuin van die Werf Area by Fountains Mall. Die area is veilig vir die familie en beloof om baie spesiaal te wees. Die area is ommuur en het lekker groen gras vir die perfekte piekniek.

 

Marie Bosman tree op as gasspreker tussen 11:00 en 12:00 en dit is waarlik ‘n boodskap wat nie gemis moet word nie. Marie is 'n passievolle, liedevolle en

nederige pastoor wat haar liefde vir Die Here en haar medemens uitleef. Vir baie sal Marie ook bekend lyk en dit is omdat sy ook verskyn het op 'n TV

program "Die Real Housewives of Pretoria" wat baie gewild was.

 

Die hekke open om 10:00 waartydens u solank ‘n kombersie , stoel en sambreel kan kom regsit en die kinders kan die springkasteel geniet. Die springkasteel is

GRATIS vir kinders. U is welkom om 'n piekniek mandjie te pak, daar sal ook kos en koffie stalletjies beskikbaar wees.

Die program is gevul vol vermaak vir die hele familie met lewendige musiek vertonings. 12:30 kom Die paashaas ook

die kinders besoek en paaseiers uitdeel.

 

Lewendige Musiek, verhoog optredes deur van Nico Malan se Innikollig produksies asook dans optredes deur Limitless dance

studios onder leiding van Kirstin Rossi sal plaasvind tot die hekke om 15:30 sluit.

Die perfekte uitstappie vir die familie vir ‘n Sondag.

 

GEEN TROETELDIERE SAL TOEGELAAT WORD NIE

ROLSTOEL VRIENDELIK

GEEN KIND SAL SONDER OUER TOESIG TOEGELAAT WORD NIE

 

TOEGANG:

KINDERS

ONDER 15 GRATIS TOEGANG

TOEGANGSFOOI

SLUIT ALLE VERTONINGS VIR DIE DAG IN