Family friendly

Die Ouerskap Konneksie: 'n Werkswinkel vir Ouers (Retsa Education)

Sat Apr 20, 10:00 - Sat Apr 20, 11:30

Die Centurion Teater

ABOUT

Elke week hoor ek met verwondering die vraag: "Waarom is hierdie inligting nog nooit met my gedeel nie?" Na 15 jaar van sielkundige trauma berading, besef Charmaine de Beer dat daar elke dag meer en meer ouers is wat hierdie insigte nodig het - Die Ouerskap Konneskie!


Ouers dink gereeld oor die impak van hul optrede en woorde: "Doen ek reg? Praat ek reg? Is ek 'n goeie ouer?" Dié vrae is onsekerheid vermom as selfkritiek. Maar hierdie twyfel is 'n teken van omgee en 'n strewende verlange om 'n beter ouer te wees.


Kom deel die oggend van 20 April 2024 saam met ons en vind die versekering en gemoedsrus wat elke ouer soek. Hierdie is 'n geleentheid om te erken: Jy IS 'n goeie ouer. Jy doen die regte dinge. En jou konneksie met jou kind is ryk en betekenisvol.


Elke dag is 'n geleentheid om te groei, te leer en te vier. Daarom nooi ons jou na die Ouerskap Meriete Konferensie, waar elke ouer 'n onderskeiding verdien. Kom deel in 'n eerlike, reguit en soms komiese ontmoeting met mede-ouers.


Jy het reeds die belangrikste prys gewen - die liefde van jou kind. Kom laat ons jou help om dit te vier en te omhels.

DIRECTIONS

Die Ouerskap Konneksie: 'n Werkswinkel vir Ouers (Retsa Education)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions