No under 16s

Casper de Vries live in Riebeek Kasteel by Café Felix

Thu Feb 29, 17:30 - Thu Feb 29, 21:00

Café Felix

ABOUT

Maak gereed vir een van Suid-Afrika se mees geliefde komediante, Casper de Vries, wat weer op die verhoog te sien sal wees, ná die super suksesvolle Kaapse mini toer in November 2023. 


Datum: Donderdag 29 Februarie 2024

Tyd: Deure 17h20 | SHow 19h30

Plek: Café Felix, Riebeek Kasteel


Daardie show, getiteld “Semi-Lewendig”, was net ‘n voorsmakie van waarna gehore kan nou kan uitsien ná ‘n lang tydperk van stilte.

Ons geliefde oempa-loempa is deur ‘n piepklein bosluis-“goggatjie" verrinneweer en was bedlêend gewees, maar laat dit jubel en juig… CASPER IS TERUG! Walking frame and all!

Die hope Lyme Disease pille, wat hy vir ten minste nog ‘n jaar sal moet drink, tas dalk sy vermoë om mooi te loop aan, maar sy kop is nog helderder as n jaglig!


Hy is gereed om sy skreeusnaakse reis van herstel en al sy waarnemings oor die wêreld se huidige toestand te deel.

Op skerm (wat deel van die show uitmaak) word gehore tussen alles deur vermaak deur Montelle en seksmal Gizelle Serfontein. Casper vertel ook van sy verhoudings met Oom Kallie, Greetje Appelmoes en Hanno Gelderblom. Kyk mooi uit en wees versigtig dat Blertsie nie dalk stilletjies jou been kom hump nie.


“Semi-Lewendig” is bedoel vir volwasse gehore en duur ongeveer 80 minute. Daar sal n tydjie wees om ná die show n foto te neem saam met die stêr.



Casper se terugkeer na die verhoog beloof 'n nag van gelag, onvergeetlike stories en 'n unieke perspektief op die lewe!