FREE OPTIONS

Hoërskool Stellenbosch Opedag - Woensdag, 6 Maart 2024 en Donderdag, 7 Maart 2024

Wed Mar 6, 15:00 - Thu Mar 7, 20:00

Hoërskool Stellenbosch

ABOUT

Besoek ons skool! Daar is twee tydgleuwe op 6 Maart 2024 en een tydgleuf op 7 Maart beskikbaar. Kies een:


  • 6 Maart 2024 - Opedag sessie 1: 15:00 - 17:00
  • 6 Maart 2024 - Opedag sessie 2: 18:00 - 20:00
  • 7 Maart 2024 - Opedag : 18:00 - 20:00 (Slegs een sessie)


Koshuisbesoeke is ook beskikbaar vir belansgstellendes:


  • Informele toere van ongeveer 20 minute elk.
  • Besoeke aan koshuis enige tyd tussen 17:00 en 19:00.


Belangrik:


  • Besprekings is noodsaaklik.
  • Bywoning is slegs beskikbaar in die tydgleuf wat u gekies het.
  • Die opedag is eksklusief vir die ouers en voornemende graad 8-leerders as gevolg van beperkte plek.
  • Onthou om 'n kaartjie vir ouers en leerder te bespreek.
  • Weens die opwindende bouprojekte op ons skoolterrein, is die hoofingang gesluit en sal die ingang vir die opedag by ingang 2 langs die huidige tennisbane wees. Parkeer gerus in Jannasch- en Endlerstraat.
  • Stel u Quicket-kaartjie ten toon by die hek wanneer u arriveer.
  • Besoek gerus ons splinternuwe koffiewinkel by die padelbane vir 'n koffie en ligte etes.


Ons sien daarna uit om u te ontmoet.

DIRECTIONS

Hoërskool Stellenbosch Opedag - Woensdag, 6 Maart 2024 en Donderdag, 7 Maart 2024
Hoërskool Stellenbosch
18 Jannasch Rd, Mostertsdrift, Stellenbosch, 7600, South Africa
Get Directions