No under 13s

Lizz Meiring: Van die Rak Af (Uitgawe 2) - Splinternuwe Stories, Karakters en Sketse !

Fri Mar 1, 19:30 - Sat Mar 2, 12:15

Die Centurion Teater

ABOUT

VAN DIE RAK AF: UITGAWE 2

Met splintetnuwe karakters , stories en sketse . 


Na die weghol sukses van Van die Rak Af Uitgawe 1, bring Lizz Meiring nou VAN DIE RAK AF UITGAWE 2. 


“ The Human Library “ is ‘n wêreldwye konsep wat ‘n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het . Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer - met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui “ Onbekend is onbemind “ Oftewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie. Die praktiese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem , neem jy ‘n mens uit . Die persoon ( dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder - sy of haar storie. Eerlik , kaalvuis. 


In die produksie “ Van die rak af” - ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief , mitologies. Komies, tragies, satiries, tragi- komies . Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke storie. 

Maar daar is ‘n interaktiewe element : Voor die aanvang van die vertoning , ontvang die gehoor ‘n “ stembriefie” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “ mense “ hul wil uitneem vir dié spesifieke opvoering . 


Logistieke : 

Tydsduur : 60 minute geen pouse 

Genre : Toneel - Tragi - Komedie 

Taal : Afrikaans 

Gradering : Enkele kru taal geen onder 14 


Teks : Lizz Meiring 

Speler : Lizz Meiring 

Regie : Lizz Meiring met insae van ander buite oë. 

Klank & Beligting : Jak J Brits 

Verhoogbestuur : Yvette Hanekom 

Produksiebestuur : Yvette Hanekom 

Produksiehuis : Artist Warehouse 

Plakkaat ontwerp : Jak J Brits 

Kostuum tekstiel ontwerp en druk - FABART 

Kostuums : Hollywood Costumes - Heidi Bothma du Toit 

Stelontwerp : Geselskap

Agterdoek ontwerp : Fanus van Deventer 

Fotografie : Maryna Cotton 

Kunswerke : ( Beelde ) Veronika Olivier Art 



DIRECTIONS

Lizz Meiring: Van die Rak Af (Uitgawe 2) - Splinternuwe Stories, Karakters en Sketse !
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions