Lizz Meiring: Van die Rak Af (Uitgawe 2) - Splinternuwe Stories, Karakters en Sketse !
Fri Mar 1, 19:30 - Sat Mar 2, 12:15
Die Centurion Teater
ABOUT
VAN DIE RAK AF: UITGAWE 2
Met splintetnuwe karakters , stories en sketse .
Na die weghol sukses van Van die Rak Af Uitgawe 1, bring Lizz Meiring nou VAN DIE RAK AF UITGAWE 2.
“ The Human Library “ is ‘n wêreldwye konsep wat ‘n paar jaar gelede in Skandinawië ontstaan het . Die konsep is op humanitêre beginsels gebaseer - met die doel om andere beter te verstaan. Soos die ou spreekwoord lui “ Onbekend is onbemind “ Oftewel - ons vrees en veroordeel diegene wie ons nie verstaan nie. Die praktiese toepassing is eenvoudig - in plaas van ‘n boek uitneem , neem jy ‘n mens uit . Die persoon ( dikwels ‘n kontroversiële of gemarginaliseerde persoon) vertel jou as toehoorder - sy of haar storie. Eerlik , kaalvuis.
In die produksie “ Van die rak af” - ontmoet ons sulke individue. Werklik, histories, fiktief , mitologies. Komies, tragies, satiries, tragi- komies . Elkeen van die karakters verbeeld en vertel hul unieke storie.
Maar daar is ‘n interaktiewe element : Voor die aanvang van die vertoning , ontvang die gehoor ‘n “ stembriefie” met kriptiese leidrade. Dan kies die gehoor self watter “ mense “ hul wil uitneem vir dié spesifieke opvoering .
Logistieke :
Tydsduur : 60 minute geen pouse
Genre : Toneel - Tragi - Komedie
Taal : Afrikaans
Gradering : Enkele kru taal geen onder 14
Teks : Lizz Meiring
Speler : Lizz Meiring
Regie : Lizz Meiring met insae van ander buite oë.
Klank & Beligting : Jak J Brits
Verhoogbestuur : Yvette Hanekom
Produksiebestuur : Yvette Hanekom
Produksiehuis : Artist Warehouse
Plakkaat ontwerp : Jak J Brits
Kostuum tekstiel ontwerp en druk - FABART
Kostuums : Hollywood Costumes - Heidi Bothma du Toit
Stelontwerp : Geselskap
Agterdoek ontwerp : Fanus van Deventer
Fotografie : Maryna Cotton
Kunswerke : ( Beelde ) Veronika Olivier Art