No under 13s

Armand Joubert (Live @ Die Centurion Teater)

Fri Feb 16, 19:30 - Fri Feb 16, 21:00

Die Centurion Teater

ABOUT

Armand Joubert Live at Centurion Theatre


Armand Joubert het die land laat gons einde 2023 met sy heel eerste Afrikaanse enkelsnit Met Jou Klere Af. As jy op TikTok is dan was dit tien teen een al wat jy gesien het. Armand se musiek video het meer as 4 Miljoen Views gegroei op Youtube in net een maand en meer as 4,4 miljoen views op TikTok met sy viral dansie vir Met Jou Klere Af.


Armand Joubert is geen vreemdeling in die musiek industrie nie. Hy is n kunstenaar in sy eie reg. Na sy ongelooflike reis op The Voice South Africa het hy ongelooflike sukses al bereik met sy engelse musiek ook. Hy het 8 nommer een treffers op radio stasies soos Jacaranda FM, 5FM, Good Hope FM en vele meer. As jy nog nie vir Armand Joubert live gesien optree het nie dan is dit nou jou kans om sy vertoning by Die Centurion Teater te kom kyk.


Your voice sounds like a 5 Octave range to me. You hold the same power in your voice as Freddie Mercury, Bruno Mars and Michael Jackson” Karen Zoid said after hearing Armand sing for the first time on The Voice SA.


Sy vertoning beloof om jou te laat pronk. Nie net vat hy jou op n reis as kunstenaar met sy oorspronklike treffers nie, maar hy gee jou hoendervleis oomblike wanneer hy liedjies van Queen, Prince en Madonna uit belt.


Social Media Links:

TikTok: https://www.tiktok.com/@armandjoubert?_t=8isuPheIbuH&_r=1

Instagram: https://www.instagram.com/armandjoubert7?igsh=OW0xdndxazZxeTZh&utm_source=qr

Facebook: https://www.facebook.com/armandjoubertartist?mibextid=LQQJ4d

DIRECTIONS

Armand Joubert (Live @ Die Centurion Teater)
Die Centurion Teater
123 Amkor Rd, Lyttelton Manor, Centurion, 0157
Get Directions