No under 18s

Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin

Wed Feb 14, 18:00 - Fri Feb 16, 21:30

FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument

ABOUT

Kom hou piekniek* vir Valentynsdag saam met Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument. Liedjies, gedigte en gedagtes uit Jako Meyer en Deon Meiring se penne word geproe saam met vier uitstekende Van Loveren-wyne deur die loop van die aand.


Een aand ná ’n vertoning van hulle bands, Glaskas en Moses Metro Man, het Jako en Deon saam ’n bottel wyn oopgemaak. Albei hierdie sanger-liedjieskrywers is bekend vir hulle aanvoeling vir ’n dieper dors. Om daai bottel wyn het hulle saam gesels oor digkuns, musiek met betekenis en die onverwoordbare van die lewe en die liefde. Uiteindelik het hulle saam aan ’n teks gewerk wat iets hiervan met die gehoor deel – wyn ingesluit, natuurlik. Kom lig jou glas saam met die wyndigters 14 en 15 Februarie 2024.


o, die vuur wat brand

o, die wyn in my hand

die geraas in my siel

kan liefs net jy verniel


*Bring jou eie piekniekmandjie en kombers

DIRECTIONS

Die Wyndigters in die FAK Liedjietuin
FAK Liedjietuin by die Voortrekkermonument
Eeufees Rd, Groenkloof 358-Jr, Pretoria, 0027
Get Directions