Jou Graad 1 en die GROOT skool
Thu Jan 11, 20:00 - Thu Jan 11, 21:00
Event is online
ABOUT
Graad 1 kan oorweldigend wees - vir kind én ouer. Nuwe mense en stelsels om te leer ken, en boonop 'n baie meer formele kurrikulum om mee by te hou. Elke kind is uniek en graad 1 kan vir baie beide 'n uitdagende en lekker jaar wees.
Die kenner
Wilna Marx, 'n grondslagfase-onderwyser van 34 jaar (20 jaar daarvan as grondslagfase-departementshoof) en daarna senior onderwyskundige vir die onderwysdepartement voor haar aftrede verlede jaar, gaan in hierdie gesprek praat oor die Suid-Afrikaanse staatskool se kurrikulum (CAPS), wat jou graadeen-kind werklik hoef te kan doen (en wat nie) en hoe assessering werk. Sy gaan ook gesels oor wat jy as ouer van die skool kan verwag, wat jou as ouer se verantwoordelikheid behoort te wees, en hoe om leeruitdagings saam met jou kind en hul onderwyser aan te pak.
Die kennis
Sy gaan vrae beantwoord soos:
- Wanneer moet my kind kan lees?
- Wat van addisionele taal? Is dit altyd Engels?
- Hoe belangrik is handskrif nou eintlik?
- Wat is lewensvaardigheid?
- Hoekom 'n punt uit 7 - die nasionalse kodderingstelsel?
Die dialoog
Daar gaan ook tyd wees vir meer spesifieke vrae, so koop 'n kaartjie as jy oor iets wonder. Vrae sal ook anoniem ingedien kan word. Dié aanlyngesprek sal op Zoom plaasvind.
Die kaartjies
Slegs 200 kaartjies sal beskikbaar wees. Enige wins wat uit hierdie gesprek gemaak word, sal aan die Mikhulu Child Development Trust geskenk word. Lees hier meer oor hulle.