Gifberg Spook 2024
Thu Mar 21, 15:00 - Sun Mar 24, 12:00
Gifberg Holiday Farm, Vanrhynsdorp
ABOUT
Dis weer tyd vir Gifberg Spook, die bonzai-fees van die jaar!
Waar: Gifberg Holiday Farm, Vanrhynsdorp
Selfoonsein: GEEN
Grondpad: JA
Kampplek: INGESLUIT BY KAARTJIE
Kos en kroeg: BESLIS
Lekker mense: BAIE
Wat om te bring:
- Kamp goed. Alle kamp goed wat jy en jou ouers besit.
- Swemklere
- Stapskoene
- Kampstoel
- Kontant
- Jy is welkom om jou eie kos en drank te bring.
- Daar is braai plekke maar bring portable braai indien jy het.
- 'n Goeie gesindheid en al die goed waarvan ons nou vergeet.
- Die Saterdagaand is daar 'n Spook-tema so indien jy wil opdress - daar sal pryse te wen wees! ;)
- Muskietverweerder en sonblok.
Wat om te weet:
- Jy gaan 'n stukkie grondpad ry.
- Daar is slegs 400 kaartjies beskikbaar.
- Dis informeel en gemaklik.
- Staanplekke het nie krag nie.
- Daar is nie 'n VIP area nie.
- Indien jy vrae het, gesels met iemand wie al daar was.
Vir verdere inligting, kontak [email protected]
Line-Up:
• Ryno Velvet
• RAAF
• TWEE
• Bok van Blerk
• BIGGY
• Gerald Clark
• Vrede
• Jack & June
• Wouter vd Venter
• Gian Groen
• Steyn de Wet
• Sarel Kleinhans
• Corrazerwas
Daar is ook GLAMPING beskikbaar teen R1 500 per tent. Jou tent sal twee beddens bevat en is dus vir twee mense.
Hierdie fooi sluit NIE jou kaartjie in nie.